Central SA
Alledaagse raad vir sonverbrande vel─── CHARNÉ VAN DER MERWE 12:06 Mon, 25 Nov 2024
Dis somer en baie van ons geniet die buitelewe, maar ongelukkig kom olikheid van vrolikheid weens die pynlike werklikheid van sonbrand.
Die rooiheid, irritasie en brandende sensasies is alte bekend, maar die goeie nuus is sonbrand kan tuis behandel word met gewone produkte in jou kombuis.
Volgens die Mayo Clinic kan hierdie wenke jou help om die ongemak van sonbrand te verlig:
- Aalwyn: Aalwyn is bekend vir sy genesende eienskappe. Die vars sap van ’n aalwynplant kan help om ’n sonverbrande vel te kalmeer deur verligting te bied en vog binne te hou.
- Hawermout: Voeg ongekookte hawermout by ’n koel bad om jeukerige, geïrriteerde vel te behandel. Hawermout se anti-inflammatoriese eienskappe kan help om die ongemak van sonbrand te verlig.Foto: Sun Doctor
- Gewone tee: Maak ’n sterk koppie gewone tee en laat dit afkoel. Smeer dit met ’n skoon lappie aan sonverbrande vel. Die tee help om hitte uit die vel te onttrek en die pH-balans te herstel.
- Melk: ’n Koel melkkompres kan ’n proteïenlaag op jou vel vorm, wat ’n laag verligting van sonbrandpyn bied en die vel help genees.
- Komkommers: Bekend is vir sy natuurlike antioksidante, kan komkommers gerasper word en dan aan sonverbrande vel gesmeer word vir ’n verkoelende effek.
Foto: Spa in Spain
Hoewel die behandeling van sonbrand belangrik is, is die voorkoming daarvan in die eerste plek die beste manier om jou vel te beskerm.
HealthDirect stel hierdie vyf wenke voor om sonbrand hierdie somer te vermy:
- Smeer ’n breëspektrumsonskerm met ’n SBF van 30 of hoër aan alle blootgestelde vel, selfs op bewolkte dae. Herhaal elke twee uur, of meer gereeld wanneer jy swem of sweet.
- Vermy direkte sonlig, veral gedurende die middel van die dag. Bly waar moontlik onder ’n sambreel of boom vir beskerming.
- Kies langmouhemde, breërandhoede en sonbrille om jou vel te beskerm. Klere met ultravioletbeskerming is selfs beter.Foto: iStock
- Drink volop water om jou vel gehidreer te hou en help om die risiko van sonbrand te verminder deur vogbalans te handhaaf.
- Oormatige blootstelling aan die son of sonbruinbeddens verhoog die risiko van sonbrand en langtermyn velskade. Maak vrede met jou natuurlike velkleur of oorweeg veilige, sonlose sonbruinopsies.
OFM Nuus cg