On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vrou in hof vir bedrog teen mediese hulpskema

───   HEIDRÈ MALGAS 12:42 Fri, 15 Nov 2024

Vrou in hof vir bedrog teen mediese hulpskema | News Article
Mamello Kate Khabo. Foto verskaf

’n Vrystaatse vrou kom op 3 Desember voor in die Bloemfonteinse landdroshof vir ’n verhoordatum nadat sy die GEMS- mediese skema na bewering met ’n rekening van R438 674,95 bedrieg het.

Mamello Kate Khabo het Dinsdag (12/11) haar eerste verskyning in die Bloemfonteinse landdroshof gemaak nadat die Valke haar vir mediesefonds-bedrog in hegtenis geneem het, sê woordvoerder Fikiswa Matoti. Sy is op borgtog van R2 500 vrygelaat.

Khabo het in Augustus 2022 haar een dogter in die privaat hospitaal Busamed laat opneem. Op die opnamevorm het sy die besonderhede verstrek van haar ander dogter, ’n begunstigde van haar mediese fonds. Haar siek dogter was nie ’n afhanklike lid van haar mediese fonds nie.

Die pasiënt is later na Bloemfontein Mediclinic oorgeplaas, waar sy twee weke later gesterf het. Die aard van haar siekte is nie bekendgemaak nie.

‘Sy het vals inligting verskaf tydens haar oorlede dogter se opname in Busamed’

Khabo het ná haar dogter se afsterwe en die uitreiking van ’n doodsertifikaat met die ander dogter se naam daarop erken het sy vals inligting verskaf het tydens haar oorlede dogter se opname in Busamed.

Die bedrogsaak is aan die Valke se ondersoekeenheid vir ernstige korrupsie in Bloemfontein oorhandig vir verdere ondersoek.

Weens hierdie vermeende bedrog het GEMS ’n verlies van altesaam R438 674,95 gely, waarvan R43 159,95 aan Busamed betaal is en R395 515 aan Mediclinic.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.