On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Vyf vas ná gewapende roof in Kroonstad

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:04 Wed, 13 Nov 2024

Vyf vas ná gewapende roof in Kroonstad | News Article
Vermeende rowers vasgetrek. Foto verskaf

Vyf verdagtes verskyn binnekort in die hof ná die gewapende roof op ‘n Kroonstadse drankwinkel.

Die mans is deur lede van 'n gespesialiseerde taakspan in hegtenis geneem, sê ao. Mahlomola Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

“Die verdagtes het na bewering vroeg die Maandagoggend (11/11) by ’n drankwinkel ingestorm, die perseel beroof en in ’n wit Toyota Corolla gevlug. Hulle het weggekom met ’n onbekende bedrag kontant en drank ter waarde van R150 000.”

Volgens Kareli is die voertuig die volgende dag, Dinsdag (12/11), op die N1-hoofweg naby Glen in die rigting van Bloemfontein voorgekeer. “Al vyf verdagtes was toe in die motor. Die polisie het ook beslag gelê op drie ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.”

‘Nasionaliteit mag nog nie bekend gemaak word nie’

Die mans is op die toneel in hegtenis geneem en word onder meer aangekla van oortreding van vuurwapenwetgewing.

Kareli sê die verdagtes se nasionaliteit mag nog nie bekend gemaak word nie, aangesien dit deel is van ‘n voortgesette ondersoek.

In ’n ander saak is drie uitsmyters van ’n Bloemfonteinse kuierplek, wat na bewering ’n klant om die lewe gebring het, se saak tot 3 Februarie uitgestel vir verdere ondersoek.

Mpho Kedumetse Mphepuka (18), Simphiwe (Gorilla) Dlabu (27) en Justin Ayanda Horn (36) is steeds uit op borgtog.

Die plaaslike landdroshof het die drietal op 5 Augustus op R2 000 borgtog elk vrygelaat omdat al drie verdagtes werk, sterk familiebande het en geen vorige veroordelings teen hulle het nie.

Die liggaam van die oorledene (43) is Maandag 22 Julie gevind in die parkeerterrein oorkant The Other Venue (TOV) in Tweedelaan, Westdene, ’n sentrale Bloemfonteinse voorstad met talryke kroeë, restaurante en ander kuierplekke.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.