Central SA
Vrystaat, Noordwes: Maak gereed vir nog gure weer─── KEKELETSO MOSEBETSI 12:46 Tue, 12 Nov 2024
Inwoners van die Vrystaat en Noordwes moet hulle regmaak vir nog swaar reën en kwaai donderstorms Dinsdagmiddag (12/11).
Die SA Weerdiens het ’n vlak 2-waarskuwing uitgereik dat toestande gunstig is vir onweer in dié twee provinsies.
Mangaung-metro maan padgebruikers om veiligheid voor oë te hou, sê woordvoerder Qondile Khedama. “Ons moedig padgebruikers aan om versigtig te ry, spoed te verminder wanneer nodig en voertuie onder beskutting te parkeer waar moontlik.”
Dis raadsaam om nie tydens storms beskutting onder bome of hoë strukture te soek nie, omdat dit die kans verhoog op weerligskade. “Voetgangers moet versigtig wees wanneer hulle paaie oorsteek en nie deur water loop of riviere of stroompies oorsteek waar die watervlak bo enkelhoogte is nie,” waarsku Khedama.
Dele van die Vrystaat het pas die afgelope naweek onder gure weer deurgeloop. ’n Bejaarde van Botshabelo het haar lewe verloop toe weerlig haar getref het. Nie verder daarvan nie, is twee mense beseer en talle huise in Thaba Nchu beskadig.
Dele van die Vrystaat het pas die afgelope naweek onder gure weer deurgeloop. ’n Bejaarde van Botshabelo het haar lewe verloor toe weerlig haar getref het. Nie ver daarvandaan nie, is twee mense beseer en talle huise in Thaba Nchu is beskadig.
Die distrik se reaksiespan het nooddienste gelewer, waaronder komberse en matrasse, terwyl tydelike skuiling gereël is. Die Rooi Kruis het gehelp om gesinne wat sonder blyplek is te ondersteun, en sommige is in Boshof se woonwapark gehuisves.