On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Sentraal-Suid-Afrika se leerders gevra om handboeke terug te bring

───   HEIDRÈ MALGAS 15:04 Fri, 08 Nov 2024

Sentraal-Suid-Afrika se leerders gevra om handboeke terug te bring | News Article
Foto: classroomclipart.com/

Leerders in Sentraal-Suid-Afrika word aangemoedig om ná hul eksamen hul handboeke terug te besorg aan skole sodat volgende jaar se kinders ook daarby kan baat.

Die 2024-skooljaar staan vinnig einde se kant toe; daarom doen die Noord-Kaapse onderwysdepartement ’n beroep op alle skoolgemeenskappe om by die veldtog vir 100%-handboekherwinning aan te sluit,” sê Geoffrey van der Merwe, provinsiale onderwyswoordvoerder.

Volgens die nasionale departement van basiese onderwys word daar aan die begin van die skooljaar ooreengekom dat ouers of voogde vir enige verlore of beskadigde boeke moet opdok.

Aan die einde van elke skoolkwartaal word handboeke geïnspekteer. As dit nodig is, word ouers of voogde in kennis gestel om verlore handboeke te vervang of daarvoor te betaal.

“Die lewensduur van ’n handboek is vyf jaar mits dit goed versorg word,” sê Van der Merwe. “Aan die begin van die skooljaar word leerders aangemoedig om hul handboeke oor te trek om te help verseker dat dit langer in ’n goeie toestand bly.”

Hoewel die bestuur van die terugbesorging en behoud van handboeke die verantwoordelikheid van die skoolbeheerliggaam bly, kan die veldtog net slaag met onderwysers, leerders en ouers se samewerking.

Veral nou met begrotingsbesnoeiings kan dit skole help om kop bo water te hou as leerders alle handboeke kan herwin en aanvullende leermateriaal aan te skaf indien nodig.

“Ons wil ons ook die ouers van leerders in grade 10 tot 12 daaraan herinner om seker te maak dat hierdie leerders hul tablette (elektroniese toestelle) teruggee en dit by hul skole indien. Die tablette sal weer aan leerders uitgedeel word aan die begin van die 2025-skooljaar.

“Ons moedig ouers en voogde aan om hul ouerlike verantwoordelikhede na te kom deur seker te maak dat alle leerders die handboeke teruggee voordat die 2024 skooljaar eindig.”

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.