On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Raadop met vlieë?

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 06:00 Fri, 08 Nov 2024

Raadop met vlieë? | News Article
Foto: iStock

Die vlieg is waarskynlik een van die mees onwelkome kuiergaste.

Vlieë kan ongelukkig heelwat meer as ’n irritasie veroorsaak. Dis veral in die kombuis waar vlieë baie lastig kan wees.

Hierdie insekte lê dikwels eiers in vleis en ander kos. In die kombuis moet netheid, higiëne en organisasie topprioriteite wees.

Volgens Healthline kan vlieë ook ernstige gesondheidsrisiko’s inhou soos:

Cleanipedia, Suid-Afrika se eerste aanlyn platform met wenke om jou huis skoon te maak en te organiseer, beveel ses maniere aan om vinnig van huisvlieë ontslae te raak

  • Voorkoming

Verhoed dat vlieë in die eerste plek jou huis binnekom. Om jou huis en kombuis skoon te hou is die doeltreffendste strategie.

Maak seker alle kombuisoppervlaktes is skoon. Gebruik sterk skoonmaakmiddels om higiëne in die kombuis en badkamer te handhaaf.

  • Was skottelgoed onmiddellik

Moenie kos vir lang tydperke op toonbanke los nie. Nadat jy kos voorberei het, maak die kombuis deeglik skoon om van enige moontlike lokaas vir vlieë ontslae te raak. Vlieë is veral aangetrokke tot asblikke.

  • Asyn

Om hierdie metode te gebruik, gooi ’n bietjie asyn in ’n pot of pan en laat dit kook. Die reuk sal vlieë in ’n japtrap uit jou huis verdryf.

Foto: iStock

  • Tuisgemaakte vlieëvanger

Jy kan maklik jou eie vlieglokval maak met ’n fles, suikerwater en ’n papiertregter. Die suiker lok vlieë, en die pot- en tregterontwerp maak dit onmoontlik vir die vlieë om te ontsnap sodra hulle binne vasgevang is.

Jy kan ook spesiale kleefpapier koop wat vlieë lok. Wanneer hulle op die papier beland, sit die vlieë daaraan vas.

  • Plante as teenmaatreëls

Sekere plante dien as natuurlike vliegafweermiddels. Plaas ’n kruisementplant naby deure, vensters of op die kombuistoonbank terwyl jy kos voorberei, veral wanneer jy groente sny of vleis hanteer. Ander plante wat vlieë afskrik, sluit basiliekruid, laventel en lourierblare in.

Foto: iStock

  • Rooipeper en water

Rooipeper is nog ’n natuurlike middel waarmee huisvlieë weggehou kan word. Meng rooipeper met water en spuit die mengsel om jou huis om ’n versperring te skep wat vlieë nie wil oorsteek nie.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.