On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

‘President moet Bela-belofte nakom’ – DA

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:05 Thu, 07 Nov 2024

‘President moet Bela-belofte nakom’ – DA | News Article
Foto verskaf

’n Beroep is op die president gedoen om nie die uitstaande klousules van die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette te bekragtig nie.

Met net meer as ’n maand oor voordat die konsultasietydperk vir klousules 4 en 5 van die sg. Bela-wet sluit, doen die DA ’n beroep op pres. Cyril Ramaphosa om die ANC-werkkomitee oor basiese onderwys se “roekelose eis”, om onmiddellik alle dele van die wet te bekragtig, terug te trek, sê Willie Aucamp, die DA- nasionale woordvoerder.

Die wet is op 13 September tydens ’n seremonie in Pretoria onderteken, maar die twee omstrede klousules is tydelik opgeskort weens besware van lede van sy eenheidsregering (RNE).

Volgens Aucamp het die president belanghebbendes verseker dat ’n konsultasieproses gevolg sal word om die omstrede klousules op te los. Hy moet by hierdie verbintenis hou en bewys dat dit nie ’n leë belofte was nie.

“Die feit dat die ANC druk toepas om die Bela-wet sonder verdere konsultasie deur te dwing is nie net verdelend is nie, maar ook in stryd met die ANC se eie verklaarde verbintenis tot die RNE.

Hy glo dat sulke eise die gees van eenheid en demokratiese besluitneming ondermyn. “Die DA het deurgaans klousule 4 en 5 van die Bela-wet teengestaan, aangesien hulle die risiko loop om buitensporige beheer oor taal- en toelatingsbeleid in die hande van provinsiale regerings te plaas, terwyl ouers en skoolbeheerliggame van hul regte ontneem word. Dit ondermyn die fundamentele beginsels van gemeenskapsdeelname en plaaslike besluitneming in skole,” sê Aucamp.

Die DA wys ook daarop dat die Bela-wet min doen om die werklike krisis wat Suid-Afrika se onderwysstelsel in die gesig staar, aan te spreek, naamlik die haglike gehalte van die meerderheid skole regoor die land.

Volgens Aucamp hou klousule 4 (artikels d, e, f) en 5 (a) en (c) ’n ernstige bedreiging in vir moedertaalonderrig, ’n fundamentele reg wat vir alle Suid-Afrikaners beskerm en bevorder moet word.


Optoggangers het sowat 1,8 km van die Voortrekkermonument tot by die Vryheidspark oorkant Unisa gestap. Foto: Solidariteit

“Ons sal nie die ANC toelaat om hierdie wet deur te stoomroller sonder behoorlike oorlegpleging nie,” sê Aucamp “Dit is tyd dat president Cyril Ramaphosa sy party tot orde roep. As ’n deelnemer aan die regering van nasionale eenheid moet die ANC op alle vlakke verstaan dat hulle nie die enigste besluitnemers is wanneer dit by regeringsbeleid kom nie.”

Die DA staan bankvas met alle ouers, onderwysers en gemeenskappe in die verdediging van hul reg om inspraak te hê in hul kinders se opvoeding en om Suid-Afrika se diverse opvoedkundige landskap te beskerm. Saam dring hulle daarop aan dat die ANC se pogings om hierdie wet af te dwing, verwerp moet word.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.