On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Verdagte voor Vrystaatse hof weens eks se mesmoord

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:27 Mon, 04 Nov 2024

Verdagte voor Vrystaatse hof weens eks se mesmoord | News Article
Foto: iStock

’n Vrystater wat vermoedelik sy eksmeisie vermoor het, kom na verwagting Dinsdag (5/10) voor in die Bloemfonteinse landdroshof.

Die 43-jarige staan tereg op ’n aanklag van poging tot moord nadat hy na bewering vir Jeanette Mofokeng (49) in Bloemspruit doodgesteek het, sê ao. Sinah Mpakane, provinsiale polisiewoordvoerder.

Die polisie is op 19 Oktober omstreeks 20:00 na Fase 3 ontbied. Daar gekom, het die oorledene se pa vir hulle gesê sy was by haar eks se huis. Die pa, wie se naam nie bekendgemaak is nie, het vroeër na sy dogter gesoek en op haar liggaam met veelvuldige steekwonde afgekom. Hy het dadelik die polisie ontbied.

‘Die verdagte het van die toneel gevlug’

“ ’n Gebreekte mes is langs haar gekry,” sê Mpkane. “Die verdagte het van die toneel gevlug, maar is ’n rukkie later in die Bloemspruit-omgewing aangekeer.”

In ’n ander geval van geslagsgeweld, dié keer in Noordwes, is Abram Bantikile Mokhutsane (31) van Orkney tot lewenslange tronkstraf plus sewe jaar gevonnis vir brandstigting en die moord op Mamosebetsi Suzan Thamae (42) in Kanana.

Ná ’n rusie op 11 Maart verlede jaar het Mokhutsane na ’n vulstasie gegaan, ’n houer met brandstof gevul en dit toe oor Thamae uitgegiet terwyl sy geslaap het. Haar seun, wat in die kamer langsaan geslaap het, het opgespring toe hy haar gille hoor.


Hy het afgekom op sy ma wat in vlamme gehul was, het Sivenathi Gunya, Noordwes-NVG-woordvoerder, gesê. “Paramedici en brandbestryders is na die toneel ontbied, en sy is saam met die beskuldigde hospitaal toe geneem. Die vlamme het haar huis en feitlik al haar besittings verswelg.”

Thamae die volgende dag aan haar beserings beswyk. Mokhutsane, wat sedert sy inhegtenisneming kort ná die voorval in aanhouding was, het onskuldig gepleit op alle aanklagte en beweer Thamae het haarself aan die brand gesteek.”

OFM Nuus cg


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.