On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes: Konstabel skiet drie mense voor hy sy eie lewe neem

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:42 Sun, 03 Nov 2024

Noordwes: Konstabel skiet drie mense voor hy sy eie lewe neem | News Article
Foto: iStock

Die Itsoseng-polisie ondersoek ’n saak nadat 'n polisiebeampte na bewering twee mense doodgeskiet en een gewond het voordat hy sy eie lewe geneem het.

Konst. Lesego Eugene Phefo (28) het glo Saterdag (2/10) die moorde gepleeg, sê kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder.

“Die polisie is Saterdag in die vroeë oggendure na  Sone 2 ontbied waar die liggame van drie mense gevind is, terwyl  ’n vierde persoon ernstig beseer is,” sê Myburgh. Die konstabel en die twee slagoffers is op die toneel dood verklaar. 

Die konstabel het glo by ’n huispartytjie in Itsoseng naby Lichtenburg sy vuurwapen uitgepluk en begin skiet.


Myburgh sê Tlhalefo Setlhare (38) was ’n vriend van die konstabel. Hy is verskeie keer geskiet. Die ander slagoffers se name is nog nie bekend gemaak nie. 

Sello Kwena, provinsiale polisiekommissaris, het sy meegevoel met die slagoffers se familie betuig. Hy het alle polisielede aangemoedig om die dienste van Employee Health and Wellness (EHW) te gebruik as hulle enige persoonlike probleme ondervind.

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.