On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Ashmund
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Man van Welkom kan polisie help in verkragtingsaak

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:24 Sun, 03 Nov 2024

Man van Welkom kan polisie help in verkragtingsaak | News Article
Lawrence Louis Coetzee kan moontlik die polisie in hul ondersoek help. Foto verskaf

Die polisie is dringend op soek na ’n man van Welkom wat hulle moontlik kan help nadat ’n tiener verkrag is.

Lawrence Louis Coetzee (49) het moontlik inligting wat die polisie kan help nadat ’n meisie (14) oor ’n tydperk van byna twee jaar verkrag is.

“Die meisie is van 2021 tot 2023 verkrag terwyl haar ma nie by die huis was nie,” sê kapt. Stephen Thakeng, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Sy is gedreig dat sy nie haar ma of enigeen van die verkragtings moet vertel nie. Eindelik het sy in April verlede jaar vir haar ma ’n WhatsApp gestuur waarin sy haar hiervan verte het en wie die verkragter is.


’n Lasbrief is vir die vermeende verkragter se inhegtenisneming uitgereik. Hy is vermoedelik van Secunda in Mpumalanga, 

Enigiemand met inligting kan speur-ao. Juan Jansen van Welkom se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe by 084 538 5909 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.