On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Oscar
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with James
Listen Live Streams

Central SA

Party sê onbevoegde kontrakteurs in Vrystaat word beskerm

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:01 Thu, 31 Oct 2024

Party sê onbevoegde kontrakteurs in Vrystaat word beskerm | News Article
Foto: iStock

Vrystaatse kontrakteurs word beskerm, selfs al gaan infrastruktuur en dienste agteruit.

Hierdie kwessie is uitgelig na aanleiding van die Ouditeur-Generaal se 2023/24-ouditverslae wat aan die wetgewer se komitee oor openbare rekeninge voorgelê is, sê Armandt Cloete, VF Plus-wetgewerlid. 

“Ten spyte van die Nasionale Tesourie-regulasies wat vereis dat swak presteerders aangemeld word om toekomstige staatskontrakte te voorkom, was die Vrystaat traag om te reageer en het die beskerming van hierdie kontrakteurs bo aanspreeklikheid geprioritiseer.”

Volgens Cloete gaan die provinsie gebuk onder onvolledige infrastruktuurprojekte weens onbevoegde kontrakteurs. “’n Noemenswaardige voorbeeld is die Mantsopa-hospitaal op Ladybrand wat in 2019 voltooi is, maar steeds nie ten volle in werking is nie en gebuk gaan onder vandalisme.” 

Aankoop van nuwe voertuie in Vrystaat is klap in die gesig | News Article

Armand Cloete. Foto: X

Na bewering het dit het ’n verbysterende verlies van meer as R74 miljoen tot gevolg gehad, aangesien R105 miljoen wat vir padherstelwerk bewillig is, onbestee bly. Geld wat vir infrastruktuur bestem was, word dan verbeur en na ander provinsies herlei.

Hoewel sommige departemente hul begroting ten volle bestee, haal hulle steeds nie hul jaarlikse teikens nie, sê Cloete. Weens dié “aansienlike vermorsing” van hulpbronne word dienslewering nie verbeter nie en ook nie Vrystaters se lewensgehalte nie.

“Geld word aangewend sonder enige tasbare waarde.”


Die kern van hierdie infrastruktuurmislukkings is die ANC se afhanklikheid van “verouderde beleide” van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging, wat Cloete glo as ’n rookskerm gebruik word om ’n paar uitgesoektes te verryk ten koste van die gemeenskap.

OFM Nuus/Charné van der Merwe mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.