On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Versoek om parlementêre ondersoek na Stellenbosse onreëlmatighede

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:38 Wed, 30 Oct 2024

Versoek om parlementêre ondersoek na Stellenbosse onreëlmatighede | News Article
Foto: Facebook

’n Formele versoek is aan die parlement se portefeuljekomitee oor hoër onderwys gerig om bewerings van ongerymdhede en konflikte aan die Universiteit Stellenbosch te ondersoek, veral die rol van ’n professor.

Die voortslepende skandale en konflikte aan die Universiteit Stellenbosch (US) met prof. Wim de Villiers, rektor en visekanselier, as sentrale figuur kan nie onbepaald voortduur nie, sê dr. Wynand Boshoff, VF Plus-hoofwoordvoerder oor hoër onderwys.

Die VF Plus het Tebogo Walter Letsie, voorsitter van komitee, versoek om ’n formele ondersoek na die universiteit te las.

Boshoff lig ’n onlangse voorval uit waarin oudregter Edwin Cameron vir De Villiers daarvan beskuldig het dat hy ’n verslag oor die koshuis Wilgenhof “gemanipuleer” het. “Die betrokkenheid van sulke prominente figure by hierdie dispuut onderstreep die dringendheid vir ’n ondersoek op parlementêre vlak.”

Dr. Wynand Boshoff. Foto verskaf

Hy noem ook ’n onlangse voorval van nepotisme toe De Villiers verantwoordelikheid afgeskuif het deur aan te voer dat nepotisme slegs van toepassing is op personeelaanstellings, nie vir studentekeuringsaansoeke nie. “Die VF Plus stem beslis nie saam met hierdie rasionaal nie.”

Boshoff vra ’n ondersoek na gebeure by die US en wys daarop dat ’n interne aangeleentheid oor transformasie in ’n universiteitskoshuis na bewering gelei het tot oneerlikheid onder die instelling se direksie en sy hoogste amptenare.


“Hierdie kwessie het ontstaan uit eise (oor) ‘ongetransformeerde’ praktyke in die Wilgenhof-manskoshuis. Gegewe die voortgesette interne ondersoek is ingryping van buite op daardie tydstip onwenslik geag.”

In die interne verslag is aanbevaal om die koshuis te sluit, maar dit het later aan die lig gekom dat die oorspronklike verslag alternatiewe opsies bevat wat die visekanselier en die raadsvoorsitter oënskynlik eensydig verander het.

‘Die transformasie van hoër onderwys en die bestuur daarvan is op die spel’

Boshoff sê Cameron het dié beweerde onreëlmatighede in ’n beëdigde verklaring uitgelig. “Hierdie saak is van kardinale belang omdat die transformasie van hoër onderwys en die bestuur daarvan op die spel is; enige aksies wat hierdie proses kan ondermyn, is kommerwekkend.

“Dit is noodsaaklik vir die VF Plus om hierdie kwessie op ’n hoër vlak te laat ondersoek, aangesien herhaalde voorvalle wat moontlike oneerlikheid suggereer, daarop dui dat die US nie vertrou kan word om die situasie op sy eie te hanteer nie,” sê Boshoff.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.