On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Pastoor en vrou verskyn in hof weens dieremishandeling, verkragting

───   HEIDRÈ MALGAS 14:38 Wed, 02 Oct 2024

Pastoor en vrou verskyn in hof weens dieremishandeling, verkragting | News Article
Leo die boelterrier. Foto verskaf

“Die vrou staan tereg op ’n klag van versuim om ’n seksuele misdaad aan te meld. Die paartjie bly in aanhouding. Die saak is uitgestel tot 30 Oktober 2024.”

Die pastoor, wat na bewering ’n boelterriër doodgesteek het, en sy vrou het Woensdag (2/10) in die Odendaalsrus-landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel tot 30 Oktober 2024.

“Beide het hul aansoek om borgtog laat vaar. Die dossier vir die dieremishandeling en aanranding is teruggetrek en die klagte is by die verkragtingsdossier gevoeg,” sê polisiewoordvoerder, Loraine Earle.

Die man staan nou tereg op dieremishandeling, aanranding en verkragting,” sê polisiewoordvoerder, Loraine Earle. Die vrou staan tereg op ’n klag van versuim om ’n seksuele misdaad aan te meld. Die paartjie bly in aanhouding. 

Skermgreep van die voorval. Foto verskaf

Leo die boelterrier is deur die man doodgemaak nadat hy die hond met twee messe gesteek het terwyl sy eienaar hom probeer beskerm het.

“Die man het Leo na bewering met ’n tou probeer verwurg. Toe die tou nie werk nie, het hy sy vrou gevra om ’n mes te gaan haal om Leo te steek,” beweer Thea Smit, voorsitter van die DBV op Virginia. Dit alles het gebeur terwyl Leo se eienaar bo-op hom gelê het om hom te beskerm en gesmeek het om sy lewe te spaar.

Die man is die opsigter van woonstelle op ’n sakeperseel op die dorp waar Leo se eienaar ook woon.

Volgens Smit het die opsigter by die eienaar aangedring dat die boelterriër in ’n leë eenheid gehou moes word en nie in die woonstelle kon oornag nie. Die eienaar het ingestem en gesê sodra iemand sterk genoeg beskikbaar is om die hond te hanteer, sou hulle hom na die eenheid toe neem.

Leo en sy eienaar, Tanya Sanders. Foto verskaf

“Die opsigter het geweier,” beweer Smit, “en het toe natuurlik sy wil begin afdwing … en toe met ’n tou daar ingestorm en Leo uit die erf begin trek. Sy’t probeer keer. Sy was alleen.”

“Die vrou het die mes gaan haal en die pastoor het herhaaldelik vir Leo daarmee gesteek – in sy lyf, sy kop en sy mond,” beweer Smit. “Een mes was nie genoeg vir die pastoor nie, en sy vrou het toe nog ’n mes gaan haal.”

Iemand het ’n video geneem van die voorval wat op sosiale media versprei word, wat talle gebruikers die hoenders in maak.

OFM News/Heidre Malgas cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.