On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Potchefstroom-hondeaanval: aansoek om saak terug te trek

───   ZENANDE MPAME 13:43 Thu, 22 Aug 2024

Potchefstroom-hondeaanval: aansoek om saak terug te trek | News Article
Dipuo Kokolosi het net-net oorleef toe haar werkgewers se pitbulls haar aangeval het. Foto: Wouter Pienaar

“Ons vra dat die saak nou van die rol geskrap word omdat die vertragings ons kliënte skade berokken.”

Die saak van die egpaar wie se drie Amerikaanse veghonde hul huiswerker aangeval het, is uitgestel tot Dinsdag 22 Oktober vir ’n besluit of die saak van die rol geskrap gaan word.

Die twee verdagtes, Marno en Chandré Mostert, het Maandag (19/8) in die Potchefstroomse landdroshof verskyn om ’n versoek aan die direkteur van openbare vervolging (DOV) in te dien om die saak terug te trek.

Dit was die tweede poging om die saak van die rol te laat skrap nadat die Mosterts vlugtig op Dinsdag (30/7) verskyn het, maar die aansoek geweier is.

Chandré (middel) en Marno (regs) Mostert wil hê die aanklagte teen hulle moet laat vaat word. Foto: Potchefstroom Herald/Wouter Pienaar

“Ons vra dat die saak nou van die rol geskrap word omdat die vertragings ons kliënte skade berokken,” het Derik Schutte, die Mosterts se prokureur, gesê. “Die uitstellery is ’n skending van beide die klaer en die Mosterts se grondwetlike reg tot ’n verhoor wat nie vertraag word nie.”

Dipuo Kokolosi (48) is na bewering in Januarie 2022 deur haar werkgewer se drie pitbulls aangeval. Haar neus, lip, ore en dele van haar dye, bene en hande is afgeskeur. Sy het in Januarie ’n operasie ondergaan om haar neus kosmeties te herstel.

Kokolosi is glo aangeval terwyl sy alleen in die huis besig was om skottelgoed te was. Die buurman het haar gille gehoor en gaan ondersoek instel.

Dipuo Kokolosi is in Januarie 2022 deur haar werkgewers se pitbulls aangeval. Foto: The Citizen

Met sy aankoms het hy die drie honde op haar gesien en ’n waarskuwingskoot afgevuur. Netwerk24 berig dat die honde op hom afgestorm het en hy hulle moes skiet om sy en Kokolosi se lewens te red.

Die Wet op Diere-aangeleenthede van 1993 bepaal dat enige persoon wie se nalatigheid veroorsaak dat ’n dier iemand beseer, skuldig is aan ’n misdryf. By skuldigbevinding is so ’n persoon strafbaar met ’n boete of gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens twee jaar.

  • Wanneer ’n persoon aan hierdie misdryf skuldig bevind word, kan die hof wat hom/haar skuldig bevind, benewens enige straf wat op hom/haar vir daardie misdryf opgelê word;
  • die persoon wat skuldig bevind is, vir ’n gespesifiseerde tydperk onbevoeg verklaar om ’n sekere soort dier of ’n dier van ’n spesifieke ras te besit, óf dit onder sy beheer of in sy bewaring te hê.

OFM News/Zenande Mpame mvh/mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.