Central SA
Inwoners teken petisie om ou Upington-burgersentrum te heropen─── ZENANDE MPAME 12:27 Mon, 12 Aug 2024

“Dit het twaalf jaar gelede gesluit, wat gelei het tot aansienlike ontwrigtings in toegang tot dienste.”
Tot dusver het 600 inwoners van die Dawid Kruiper-munisipaliteit ’n versoekskrif onderteken om die ou burgersentrum te heropen.
Dit is onduidelik hoekom die sentrum gesluit is, en geen redes word verstrek waarom die gebou nie heropen kan word nie.
Dis as ’n diensleweringsentrum gebruik voordat dit twaalf jaar gelede gesluit is. Die sluiting het toe gelei tot ontwrigting van toegang tot dienste, wat ’n ongerief veroorsaak het vir inwoners wat vroeër hul rekeninge kon betaal en elektrisiteit by die kantoor kon koop.
Die lugversorgers is gesteel. Foto verskaf
“Daar is nog niks deur die munisipaliteit gedoen om die sentrum te heropen nie,” sê Albie Van Zyl, DA-raadslid. “Op die oomblik is daar twee kantore oop, die een hanteer klagtes en die ander spits hom toe op die bejaardes van die munisipaliteit.
“Die rede waarom ons wil hê die burgersentrum moet heropen, is omdat ons verligting wil hê in die lang toue by die munisipale gebou in die dorp wat gemaak word deur inwoners wat hul pad soontoe maak vir dienste.”
Rekenaars en toerusting het uit die burgersentrum verdwyn onder die oog van munisipale werkers wat daar werk. Volgens Van Zyl gebruik hawelose mense en dwelmgebruikers die terrein en word dit steeds gevandaliseer.
Aangesien die burgersentrum ook ’n saal is, het troues en partytjies vroeër daar plaasgevind. Foto verskaf
Die DA het die sluiting van die instelling by verskeie geleenthede met die munisipale bestuurder, die finansiële hoof en in die komitee ondersoek en geen rede is gegee waarom die fasiliteit gesluit is nie.
“Die gebou het elektrisiteitsaansluiting, water en sanitasie, so daar is geen rede waarom dit nie heropen kan word nie. Die DA sal vir die volgende paar weke steun insamel vir ons petisie om die burgersentrum te heropen, voordat ’n formele oorhandiging in samewerking met die gemeenskap gereël word.
“Op die oomblik het ons 600 handtekeninge van inwoners van Dawid Kruiper graag wil dat hê die burgersentrum heropen.”
“Dit is ook nalatig om toe te laat dat ’n munisipale bate wat waarde kan toevoeg tot die mense van Upington, tot niet gaan,” sê Van Zyl.
R37,2 miljoen Upington-biblioteek nagenoeg stil
OFM-nuus het berig oor die funksionaliteit van die moderne streekbiblioteek, wat vir R37,2 miljoen gebou is en op Erfenisdag in 2019 deur pres. Cyril Ramaphosa op Upington geopen is.
Die DA het versoek dat die provinsiale departemente van sport, kuns en kultuur, en paaie en openbare werke dringend aandag gee aan die uitdagings rakende die gedeeltelike sluiting van die Sandile Present-biblioteek op Upington.
“Die gedeeltelike sluiting spruit uit probleme met ’n tekort aan sanitasiegeriewe en basiese skoonmaakmiddels, insluitend toiletpapier. Die lugversorging is ook stukkend,” sê Henk Opperman, Dawid Kruiper-raadslid en DA-sweep.
Patrick Williams, Dawid Kruiper se mediabeampte, was nie beskikbaar vir kommentaar oor die heropening van die burgersentrum nie.