On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Brand by hospitaal in Bloemfontein word ondersoek

───   HEIDRÈ MALGAS 06:00 Tue, 09 Jul 2024

Brand by hospitaal in Bloemfontein word ondersoek | News Article
Tientalle pasiënte ontruim ná brand by Bloemfontein-hospitaal. Foto verskaf.

“Daarbenewens is personeelplasings effektief bestuur om te voldoen aan die behoeftes van pasiënte wat na ander gesondheidsorgfasiliteite herontplooi is.”

‘n Brand het Sondag (7/7) by die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein uitgebreek waar 83 pasiënte van die perseel ontruim moes word. 

“Alle pasiënte is opgespoor en ontvang behoorlike sorg gebaseer op hul behandelingsvereistes,” sê Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse Gesondheidsdepartement.

Hy sê die hospitaal het verseker dat pasiëntlêers saam met die pasiënte oorgedra word om deurlopende en gepaste sorg te fasiliteer. Daarbenewens is personeelplasings effektief bestuur om te voldoen aan die behoeftes van pasiënte wat na ander gesondheidsorgfasiliteite herontplooi is.

Daar word vermoed dat ’n sigaret moontlik bome buite die gebou laat vlam vat het. Foto verskaf

Vroeg Maandag (8/7) het Monyatso Mahlatsi, die nuut aangestelde Vrystaatse LUR vir Gesondheid, saam met HOD Godfrey Mahlatsi en senior bestuurslede die hospitaal om 09:00 besoek.

Hulle besoek was daarop gemik om die situasie te herevalueer en opdaterings te ontvang oor die ondersoek na die oorsaak van die brand.

As gevolg van die voortgesette polisieondersoek bly toegang beperk tot die gedeelte van die hospitaal waar die brand uitgebreek het.

‘Die Departement van Arbeid sal na die polisieondersoek hul eie assessering doen’

Mvambi sê dat die Departement van Arbeid na die polisieondersoek hul eie assessering sal doen om die veiligheid van die gebou vir bewoning te bepaal. Hierdie evaluering sal verdere gesprekke tussen die Departement van Gesondheid en die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur oor die toekoms van die hospitaal inlig.

Die Departement van Gesondheid het gesê dat hulle nie die oorsprong van die brand of die omvang van die skade kan bepaal totdat die ondersoeke afgehandel is nie.

Die volgende sale was die naaste aan die brandvoorval:

  • Saal 3 (Pediatrie)
  • Saal 5 (Gemeng)
  • Saal 7 (Mans)

‘n Totaal van 83 pasiënte is veilig ontruim en na verskeie hospitale binne die Mangaung Metromunisipaliteit oorgeplaas. Geen beserings of sterftes is as gevolg van die voorval aangemeld nie.

Alle pasiënte is opgespoor na die brand en ontvang behoorlike sorg gebaseer op hul behandelingsvereistes. Foto verskaf

OFM Nuus het Sondag (7/7) vanaf die toneel berig daar word vermoed dat ’n sigaret moontlik bome buite die gebou laat vlamvat het. Die brand het omstreeks 15:20 begin en na die eerste en tweede verdieping van die hospitaal versprei.

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.