On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Vermeende Viljoenskroon-moordenaars Maandag in hof verwag

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:44 Fri, 05 Jul 2024

Vermeende Viljoenskroon-moordenaars Maandag in hof verwag | News Article
Foto: Unsplash/Tingey Injury Law Firm

“Twee seuns het daarin geslaag om van die toneel te vlug en het hulp gaan kry.”

Vier verdagtes sal na verwagting Maandag (8/7) in die hof verskyn nadat hulle glo ‘n man van Viljoenskroon vermoor het.

Die polisie is Woensdag (3/6) omstreeks 23:45 na ’n misdaadtoneel ontbied waar ’n man in Engelbrechtstraat, Viljoenskroon, in sy huis doodgeskiet is, sê kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder.

“Die liggaam van Isaak Tladi (51), eienaar van die huis, is in ’n plas bloed gevind. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Drie gewapende mans het na bewering die huis op die betrokke aand binnegekom en die oorledene, wat ook ’n sake-eienaar is, gesoek.

“’n Bakleiery het glo tussen die verdagtes en die slagoffer ontstaan, waarna ’n paar skote afgevuur is. Twee seuns, onderskeidelik 17 en 20 jaar oud, het daarin geslaag om van die toneel te vlug en het hulp gaan kry.”

‘Een van die verdagtes is tydens die voorval beseer’

Die verdagtes het van die toneel gevlug, maar vier verdagtes, insluitend ’n vrou, is deur die polisie en relevante rolspelers in hegtenis geneem.

Volgens Earle is een van die verdagtes tydens die voorval beseer en is onder polisiebewaking in die hospitaal opgeneem.

Die motief vir die moord word ondersoek.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.