On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Jong man van Barkley-Wes kry tronkstraf ná moord

───   HEIDRÈ MALGAS 12:12 Fri, 05 Jul 2024

Jong man van Barkley-Wes kry tronkstraf ná moord  | News Article

"Die man was ernstig beseer en is met sy aankoms by die hospitaal dood.”

'n Man (21) van Barkley-Wes in die Noord-Kaap is in die streekhof op aanklag van moord tot tien jaar tronkstraf gevonnis. 

"Ofentse Mnyasa het op 4 Oktober 2021 'n woordewisseling met die 19-jarige man gehad. Die slagoffer het daarna besluit om die taverne te verlaat," sê Merapelo Pilane, polisiewoordvoerder.

Mnyasa het hom na buite gevolg waar getuies gesien het hoe Mnyasa die slagoffer met 'n bierbottel aanval voordat hy gevlug het. "Die man was ernstig beseer en is met sy aankoms by die hospitaal dood.” Mnyasa is ook onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit. 

Die polisie sê dit is belangrik dat die publiek sulke konfrontasies vermy veral as hulle onder die invloed van drank is. Dit kan lei to ernstige beserings of selfs die dood.

OFM Nuus het vroeër berig ’n man van Kuruman is in die streekhof tot twaalf jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van moord. 

“Ipotseng Kgamane (25) het op 26 November 2022 by ’n kroeg met die oorledene se vriend oor drank baklei. Toe die oorledene probeer ingryp, het Kgamane hom met ‘n mes in die bors gesteek,” sê Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.