On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Verdagtes in Woodlands vasgetrek weens verskeie misdade

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:30 Thu, 04 Jul 2024

Verdagtes in Woodlands vasgetrek weens verskeie misdade | News Article
Foto: SAPS/Valke

“Die drietal word aangekla van bedrog, onwettige besit van vuurwapens en onwettige besit van ammunisie.”

Drie Chinese burgers sou na verwagting Donderdag (4/7) in die Bloemfonteinse landdroshof op verskeie aanklagte verskyn.

Die verdagtes, twee mans en ’n vrou, is Dinsdag (2/7) deur ’n veelsydige span – wat bestaan uit verskillende polisie-eenhede, staatsdepartemente, private sekuriteit en forensiese ondersoekers – in hegtenis geneem, sê lt.kol. Zweli Mohobeleli, woordvoerder van die Valke.

“Die drietal word aangekla van bedrog, onwettige besit van vuurwapens en onwettige besit van ammunisie.”

‘Data gekloon, simkaarte vervaardig’

Volgens Mohobeleli het polisieondersoekers op inligting gereageer dat die verdagtes in Woodlands, ’n gesiene sekuriteitskompleks in Bloemfontein, glo masjiene gebruik om data te kloon en simkaarte te vervaardig.

“’n Ondersoek- en beslagleggingsoperasie, wat deur die hof gemagtig is, is uitgevoer. Simkaarte van verskillende diensverskaffers met ’n geraamde waarde van meer as R1 miljoen, vermeende kloningsmasjiene, kontant, twee vuurwapens en rondtes ammunisie was van die items wat by twee huise gevind is,” sê Mohobeleli.

Mosethle Samuel Masopa (49), ’n administratiewe beampte van Bloemfontein, sal op 14 Augustus weer in die hof verskyn. Sy naam sal ook bygevoeg word by die lys van 15 mense wat reeds in hegtenis geneem is op aanklagte dat hulle onwettig rybewyse en leerlinglisensies by die Lengau-toetssentrum uitgereik het.

Foto: SAPS/Valke

Masopa het Vrydag (28/6) in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklag van korrupsie, bedrog en geldwassery nadat die dagvaarding op 13 Junie aan hom beteken is.

‘Operasie Catfish is van stapel gestuur’

Volgens Matoto is inligting in 2022 ontvang oor die verkeersafdelings en private eksaminatore in Bloemfontein, Mbombela, asook op Brandfort, Botshabelo, Ladybrand en Phalaborwa.

Verkeersbeamptes, bestuurskoolinstrukteurs en bodes was betrokke daarby om leerlinglisensies en rybewyse uit te reik sonder om die behoorlike prosedures te volg. Operasie Catfish is van stapel gestuur en verskeie transaksies is oor ’n tydperk uitgevoer. Bewyse daarvan is aan die hof voorgelê.

Masopa is op waarskuwing vrygelaat. Die saak sal na die streekhof in Bloemfontein oorgeplaas word.

Die 14 verdagtes is op 29 Januarie in die Vrystaat, Gauteng en Mpumalanga in hegtenis geneem weens korrupsie met rybewyse.

OFM Nuus/Charne van der Merwe mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.