On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Central SA

PAWS Potch ondersoek diere ná brand

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:46 Thu, 04 Jul 2024

PAWS Potch ondersoek diere ná brand | News Article
Foto: Potch Herald

“Ons het gelukkig daarin geslaag om die brand betyds te stop.”

’n Veldbrand het Woensdag (3/7) naby PAWS se perseel in Potchefstroom uitgebreek. 

Andries Venter, die bedryfsbestuurder, sê tot dusver word net een kat vir rookinaseming behandel. “Ons ondersoek nog al ons diere.”

Die brand, wat omstreeks 09:15 ontstaan het, het vermoedelik in ’n nabygeleë veld begin, moontlik deur ’n plaaslike inwoner. “Ons het gelukkig daarin geslaag om die brand betyds te stop, en nie een van ons diere is beseer of kampe is beskadig nie.”

Dié nie-regeringsorganisasie huisves tans 300 honde en 120 katte. “Dit is baie koud en ons het altyd komberse en kos vir die diere nodig,” voeg Venter by.

Wenke om jou vierpootkinders warm te hou in die winter:

1. Maak seker dat jou troeteldiere ’n warm, droë blyplek het om in te slaap. As hulle buite is, is ’n goed geïsoleerde hondehuis of skuiling van kardinale belang. ’n Infrarooi lig kan ’n bykomende bron van hitte wees, maar maak net seker dit word op ’n veilige plek geplaas om enige beserings te voorkom.

2. Klein honde, korthaarrasse en ouer troeteldiere kan baat by die dra van ’n trui of jas wanneer hulle buite is.

3. Verskaf warm beddegoed, soos ’n dik kombers of ’n verhitte troeteldierbed, om hulle te help om warm te bly terwyl hulle slaap.

4. Beperk die tyd wat jou troeteldiere buite spandeer tydens baie koue weer.

5. ’n Nat pels kan tot kouekoors lei. Droog jou troeteldier deeglik af indien hulle natgereën het.

6. Maak seker jou troeteldiere is goed gevoed en het genoeg water. ’n Gebalanseerde dieet help hulle om hul energievlakke en liggaamshitte te handhaaf.

7. Koue oppervlaktes buite kan jou troeteldier se pote beskadig. Vee hul pote af ná ’n stappie en oorweeg dit om troeteldierveilige stewels te gebruik.

8. Eienaars moet ook seker maak dat hul diere se jaarlikse inentings op datum is, omdat sekere siektes meer prominent voorkom in die winter. Wat ook belangrik is, is om te verseker dat ouer diere so warm moontlik gehou word. Nes mense kry die heupe en bene swaar in koue maande.

OFM Nuus cg/mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.