On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Central SA

Man van Ficksburg aangekeer ná hy sy meisie met byl aanval

───   14:23 Wed, 03 Jul 2024

Man van Ficksburg aangekeer ná hy sy meisie met  byl aanval | News Article
Foto iStock

“Sy het glo Dinsdag (27/6) omstreeks 19:00 haar kêrel se huis besoek en hom met ‘n ander vrou betrap.”

‘n Man van Ficksburg se man sal na verwagting Donderdag (4/7) in die hof verskyn nadat hy na bewering sy meisie met ’n byl probeer vermoor het.

“Die verdagte (48) word aangekla van poging tot moord nadat hy glo die slagoffer met ‘n byl oor die kop gekap het,” sê Mmako Mophiring, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

“Sy het glo Dinsdag (27/6) omstreeks 19:00 haar kêrel se huis (in Mautse) besoek en hom met ‘n ander vrou betrap. Sy het hom gekonfronteer oor hul verhouding waarna hy aggressief teenoor haar opgetree het en haar glo gestamp en beledig het.”

Die vrou (26) het Dinsdag (2/7) 'n klag van gesinsgeweld by die polisie ingedien nadat sy uit die hospitaal ontslaan is. Die verdagte is in hegtenis geneem en is in aanhouding.

‘Slagoffer kon wegkom en haar suster het ‘n ambulans ontbied’

Volgens Mophiring het die man haar eers met ’n mes probeer aanval, maar sy kon dit by hom afneem, waarna die kêrel haar toe na bewering met ‘n byl oor die kop gekap en ook gewurg het. “Die slagoffer kon wegkom en haar suster het ‘n ambulans ontbied.” 

’n Man (33) van Odendaalsrus, Sehlabo Makhakhe, is Vrydag (28/6) tot 15 jaar direkte tronkstraf gevonnis nadat hy op 14 Augustus verlede jaar sy vrou se kêrel (31) met ’n mes doodgesteek het. Die polisie is op die betrokke dag omstreeks 22:00 na ’n huis in Kutlwanong ontbied, sê Mahlomola Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

‘Die oorledene met ’n mes begin steek’

“Makhakhe het na bewering sy vrou by ’n vriendin se huis gaan soek toe hy haar en die oorledene op die grasperk sien sit en gesels. “Makhakhe het sonder om enige vrae te vra die oorledene met ’n mes begin steek. Die slagoffer het probeer weghardloop, maar in die buurman se erf inmekaargesak weens verskeie steekwonde.”

Die vrou se kêrel is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar. Die verdagte het gevlug en by ’n huis in K5 Kutlwanong weggekruip, maar is ’n paar uur later in hegtenis geneem.

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.