On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Vermeende moordenaar van eksvrou borgtog geweier in Kimberley

───   CASEY-LEE ANTHONY 11:14 Mon, 03 Jun 2024

Vermeende moordenaar van eksvrou borgtog geweier in Kimberley | News Article
Alberto Williams (45) in die hof. Foto: Soraya Crowie/DFA

“Magugu het daarop gewys ’n petisie met meer as 1 300 handtekeninge is deur verskeie geslagsgeweld- en vrouemoordgroepe ingedien.”

Kimberley se landdroshof beveel aan ’n man wat daarvan beskuldig word dat hy sy eksvrou vermoor het, moenie borgtog kry nie, soos haar naasbestaandes gevra het

Alberto Matthews het na bewering in Desember Mandy Bailey se huis deur die agterdeur binnegegaan, waar sy en haar dogter (9) langs mekaar gelê het en haar in die kop en in haar skouer geskiet.

Haar broer en oudste dogter het hierdie skote gehoor en na haar gaan kyk toe die beskuldigde sy vuurwapen glo ook op hulle gerig het. Dit het egter gestaak, waarna hy op die vlug geslaan het.

Die beskuldigde was nie baie bekommerd ná borgtog verlede week in die Kimberley-landdroshof geweier is nie. Voordat hy teruggestap het na die aanhoudingselle, het hy aan die galery gesê “daar is nog die hooggeregshof”.


Die Direktoraat van Openbare Vervolging sal op 3 Julie besluit of die saak in die streek- of hooggeregshof aangehoor sal word.

Matthews het tydens die borgverhoor ontken dat hy verantwoordelik was vir enige van die beserings wat aan die oorledene gevind is, en beweer dat hulle toe reeds ’n maand geskei was.

Kol. Doggie Magugu, ondersoekbeampte van die provinsiale speurafdeling, het getuig hy het “bloed, koeëlwonde en kneusplekke” gesien, wat daarop dui dat die oorledene mishandel en aan gesinsgeweld onderwerp is.

Magugu het daarop gewys dat ooggetuies wat gesien het hoe die beskuldigde die slaapkamer verlaat nadat hulle die skote afgevuur het, hom goed geken het aangesien hulle vroeër saam gewoon het.

“Hy was ook nie op goeie voet met sy oudste stiefdogter nie en het gedreig om haar dood te maak terwyl sy haar ma beskerm wanneer hy haar ook al probeer aanrand het.”

Magugu wys daarop ’n petisie met meer as 1 300 handtekeninge is deur verskeie geslagsgeweld- en vrouemoordgroepe ingedien.

Hy het bygevoeg die beskuldigde is tot vier jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy in 2016 aan poging tot moord skuldig bevind is.

“Hy het sy eksmeisie 19 keer gesteek terwyl sy ook trauma aan haar kop en lyf opgedoen het. Sy het hom gelos weens die mishandeling.”


Etienne Mathewson, sy regsverteenwoordiger, het aangevoer dat Matthews gedwing sal word om van Regshulp Suid-Afrika gebruik te maak indien sy borgtog geweier word en gesê hy kan borgtog van R2 000 bekostig.

Hy het ook gesê die beskuldigde het slegs agt maande van sy vonnis van vier jaar uitgedien nadat hy skuldig bevind is aan poging tot moord. “My kliënt word uitgebeeld as ’n bose man.”


Landdros Kubashnie Padaychee meen die getuies kan in gevaar van die beskuldigdes wees. “Hy ken hul identiteit sowel as waar hulle bly. Hy het ook nie ’n goeie verhouding met hulle nie. Die familie van die oorledene verdien afsluiting en antwoorde.”

Sy meen aangesien die beskuldigde die beskermingsbevel verontagsaam het, hy geen borgtogvereistes sou gehoorsaam nie.

“Hy het nie verander sedert hy gevange geneem is omdat hy iemand probeer doodmaak het nie. Boonop het hy min kommer getoon vir die negejarige jongeling wat in die kruisvuur vasgevang sou wees indien hy nog amok gemaak het.

OFM Nuus/Casey-Lee Anthony cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.