Central SA
Ramaphosa wil AfriForum se ingryping in Vrystaat teenstaan─── CHARNÉ VAN DER MERWE 11:10 Mon, 20 May 2024
“Die hofaansoek is as gevolg van die gedurige gebrek aan dienslewering en veral die voortslepende waterkrisis.”
Die president is gekant teen ’n hofaansoek om ’n munisipaliteit in die Noord-Vrystaat onder provinsiale administrasie te plaas.
Cyril Ramaphosa, wat ’n party is in die hofaansoek om Ngwathe-munisipaliteit onder provinsiale administrasie te plaas, gaan die hofaansoek teenstaan, sê Alta Pretorius, AfriForum se Mooirivier-distrikskoördineerder.
Die munisipaliteit, wat dorpe soos Parys, Vredefort, Heilbron en Koppies bedien, se hofaansoek is as gevolg van die gedurige gebrek aan dienslewering en veral die voortslepende waterkrisis.
Die burgerregteorganisasie het vroeër vandeesmaand hofstukke by die hooggeregshof in Bloemfontein ingedien om die plaaslike owerheid onder administrasie te laat plaas.
President Ramaphosa plans to oppose AfriForum’s court application to place Ngwathe Local Municipality under provincial administration due to a constant lack of service delivery and ongoing water crisis.
— Conscious Caracal ???? (@ConCaracal) May 18, 2024
Read more: https://t.co/4S4zdB2Z3B pic.twitter.com/rt2uQ0BmRz
“Dit lyk of Ramaphosa die gebrek aan dienslewering en die verval in hierdie munisipaliteit goedkeur, eerder as om in te gryp en toe te sien dat inwoners van veral Parys en Heilbron van water en basiese dienslewering voorsien word. Geen regshulp word teen Ramaphosa gevra nie, hy is slegs as respondent bygevoeg in sy oorsigtelike rol,” sê Pretorius.
In sy hofstukke het AfriForum onder meer aangevoer dat die munisipaliteit daarin faal om ’n veilige en leefbare omgewing vir inwoners te verseker. Die ineenstorting van die munisipaliteit is sigbaar in onder meer:
• Sy mislukking om die munisipale administrasie te struktureer en te beheer;
• Die algehele gebrek aan begrotings en enige beplanningsprosesse;
• Sy mislukking om uiting te gee aan die basiese behoeftes van die gemeenskap;
• Sy uiterste mislukking om die maatskaplike en ekonomiese groei van die gemeenskap te bevorder.
??????????-?????? ?????? “????????????????” ?????? ?????????????????????????? ???? ????????????????????????????
— AfriForum (@afriforum) April 17, 2024
AfriForum-tak in Parys hou vandag ’n spreekwoordelike roudiens vir dienslewering in dié dorp. Lede van die AfriForum-tak gaan ’n kis na die Ngwathe Plaaslike… pic.twitter.com/xkv0HjCbQK
Parysenaars sit al jare lank opgeskeep met ’n gebrek aan skoon water, sê Pretorius. In hierdie stadium het Heilbron ook baie min water omdat die Ngwathe-munisipaliteit nie sy finansiële verpligtinge teenoor Rand Water nakom nie.
“Dienslewering bestaan oor die algemeen nie in die Ngwathe-munisipaliteit nie.”
Die Ngwathe-munisipaliteit het nog nie aangedui of hy die aansoek gaan teenstaan nie. “Daar is nog nie ’n hofdatum vasgestel ná die jongste verwikkelinge nie. Die gemeenskap is werklik teleurgesteld in Ramaphosa se besluit om hierdie aansoek teen te staan en ons wag dan vir sy verweer,” sê Pretorius.