On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Oudonderwyser van Vaaldriehoek sterf week voor 87ste verjaardag

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:36 Mon, 29 Apr 2024

Oudonderwyser van Vaaldriehoek sterf week voor 87ste verjaardag | News Article
Foto: Vaalweekblad

“Die geliefde onderwyser, wie se toewyding aan die onderwys oor dekades strek, het hoofsaaklik wiskunde gegee.”

’n Oudonderwyser van die Hoërskool Vanderbijlpark wat verlede week oorlede is, sou Maandag (29/4) sy 87ste verjaardag gevier het.

Louis van Rensburg (86), voormalige adjunkhoof, is Donderdag (24/4) in sy slaap oorlede. Sy vrou, Mariëtte, sê hy het demensie gehad.

Van Rensburg was die afgelope agt jaar ’n inwoner van Herfsoord. Die geliefde onderwyser, wie se toewyding aan die onderwys oor dekades strek, het hoofsaaklik wiskunde gegee. Hy was ook betrokke by die afrigting van rugby op hoërskool- en senior vlak.

‘Kinders het nog in tente skoolgegaan’

Hy is op 29 April 1937 op Kroonstad gebore. Hy was in Pretoria in die laerskool voordat hy in 1952 as kind saam met sy gesin na Vanderbijlpark verhuis het. Kinders het toe nog in tente op Oliver Lodge se terrein skoolgegaan. Hy het sy skoolopleiding aan die Hoërskool Vanderbijlpark voltooi, waarna hy sy B.Com, B.Ed en sy onderwysdiploma in Potchefstroom verwerf het.

Van Rensburg, wat sy onderwysloopbaan aan die Hoërskool Vanderbijlpark begin het, is ná ’n paar jaar daar weg toe hy vier jaar lank op Potgietersrus (nou Mokopane) skool gegee het en ’n jaar aan Transvalia. Hy het egter teruggekeer na sy alma mater, waar hy jare lank adjunkhoof was.

‘Iemand op wie almal altyd kon staatmaak’

Mariëtte beskryf hom as “’n sagte en vriendelike man. Hy was iemand op wie almal altyd kon staatmaak en reg met raad.”

Die egpaar ken mekaar al sedert hul tienerjare en het sedert 1953 uitgegaan voordat hulle in 1960 getrou het. Van Rensburg word ook oorleef deur drie kinders en vier kleinkinders.

• Demensie is nie ’n spesifieke siekte nie, maar ’n algemene term vir die verswakte vermoë om te onthou, te dink of besluite te neem wat inmeng met die doen van alledaagse aktiwiteite. Alzheimer se siekte is die mees algemene soort demensie. Hoewel demensie meestal ouer volwassenes affekteer, is dit nie deel van normale veroudering nie.

OFM Nuus dg/mvh/mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.