On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Agtste verdagte aangekeer weens Brits-tieners se ontvoering

───   ZENANDE MPAME 12:15 Wed, 10 Apr 2024

Agtste verdagte aangekeer weens Brits-tieners se ontvoering | News Article
Agtste verdagte aangekeer in Brits-tieners se ontvoering. Foto; OFM Nuus

“Die verdagte besit die huis waarin hulle aangehou is.”

Die nuwe verdagte, ’n 50-jarige man, is Dinsdag (9/4) in hegtenis geneem. Hy is na bewering die eienaar van die huis waar die Mohammed-neef en -niggie aangehou is. Hy sal na verwagting Woensdag (10/4) in die Brits-landdroshof verskyn.

“Ons kan bevestig dat ’n 50-jarige man Dinsdag in Brits in hegtenis geneem is,” het Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in Noordwes, gesê. “Volgens die inligting is die verdagte die eienaar van die huis waar die slagoffers aangehou is. Dit bring die totale getal verdagtes wat in hegtenis geneem is op agt te staan.”

Bataviya Mohammed (19) en sy 17-jarige niggie was op pad skool toe op Brits ontvoer. Foto verskaf

Die beskuldigdes is Humphrey Martin (48), Nathaniel Mokwena (41), Sendry Phage (58), Virgilo Hlongwane (33), Nkanyiso Hadebe (25), Boitumelo Bogatsu (44) en Thuloane Makume (47).

Verdagtes, ook polisiebeampte, in hof verwag ná Mohammeds se ontvoering

Onder die sewe verdagtes is Makume, ’n polisiesersant wat by Letlhabile-speurders gestasioneer was, met 18 jaar ondervinding in die polisie. “Die sewe beskuldigdes het Maandag (8/4) en Dinsdag (9/4) in die hof verskyn en bly in aanhouding tot hul formele borgtogaansoek Dinsdag (16/4),” het Mokgwabone gesê.

“Die tieners is Maandag (25/3) vrygelaat nadat hulle in ’n huis in Klipgat gevind is. Hulle is deur paramedici by die Klipgat-polisiekantoor ondersoek. Afgesien van uitputting en trauma was hulle ongedeerd.”

Bataviya Mohammed (19) en sy 17-jarige niggie is Woensdag 6 Maart op pad na hulle skool op Brits naby Hartbeespoort ontvoer. Die Mercedes-Benz waarin die tieners gery het, is deur die bestuurder van ’n donkerrooi Audi A3 gestamp, wat dit gedwing het om te stop.

North West police search for three suspected kidnappers

Twee gewapende mans het hulle glo uit hul motor in ’n wit VW Polo gedwing wat agter die Audi gery het. “Die bestuurder van die Audi het in ’n Toyota Hilux geklim, wat na bewering deur ’n ander verdagte, Humphrey Martin (48), bestuur is. Die ander verdagtes het gevlug en die Mercedes-Benz en die Audi A3 het agtergebly,” het Mokgwabone gesê.

Voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring dat die Audi A3 in Maart in Garsfontein, Pretoria, gesteel is.

OFM Nuus/Zenande Mpame cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.