On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

Twee kassiere van apteek in Welkom aangekeer vir bedrog, diefstal

───   HEIDRÈ MALGAS 15:38 Wed, 27 Mar 2024

Twee kassiere van apteek in Welkom aangekeer vir bedrog, diefstal  | News Article

“Die kassiere sou goedere verkoop en valslik die verkope as nietige transaksies registreer.”

Twee vroue van 33 en 45 jaar oud sal op 29 April in die landdroshof in Welkom verskyn op aanklagte van bedrog en diefstal. 

Die twee kassiere van 'n apteek in Welkom is op 25 en 26 Maart onderskeidelik in Welkom en Johannesburg in hegtenis geneem.

Zweli Mohobeleli, Valke-woordvoerder, sê hulle was van Februarie 2015 tot Junie 2020 betrokke by bedrieglike aktiwiteite en diefstal. Die apteek het ’n verlies van R270 000 gely.

“Hul toesighouer het finansiële ongerymdhede opgemerk en met 'n ondersoek begin. Die kassiere sou goedere verkoop en valslik die verkope as nietige transaksies registreer sodra die klante die apteek verlaat het,” sê Mohobeleli.

Dit het die indruk geskep dat die transaksies gekanselleer is en die goedere steeds in voorraad is, terwyl in werklikheid die produkte verkoop is en die kassiere die geld in hul eie sak gesteek het. 

Die vroue het kosmetiese produkte nie op die stelsel aangeteken nie. Foto: Pixabay

“Die kosmetiese produkte wat deur ’n verskaffer afgelewer is, is ook nie op die rakke geplaas nie.”  Tydens die Covid-19-pandemie het een van die vroue die verskaffer opdrag gegee om eerder die produkte by haar huis af te lewer as by die apteek. 

Die saak is onder die aandag van die Valke in Welkom gebring, wat bewyse ingesamel het voordat dit na die NVG verwys is. 

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.