On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Man van Noord-Kaap lank tronk toe vir moord op sy lewensmaat

───   HEIDRÈ MALGAS 13:34 Fri, 26 Apr 2024

Man van Noord-Kaap lank tronk toe vir moord op sy lewensmaat | News Article

“Sy het hom meegedeel dat sy die een was wat hom met MIV besmet het.”

’n Man van die Noord-Kaap is 22 jaar tronkstraf opgelê vir die moord op sy lewensmaat nadat sy hom vertel het dat sy hom met MIV besmet het.

Andries Buffel is in die hooggeregshof in Kimberley gevonnis nadat hy skuld beken het op die aanklag dat hy sy lewensmaat, Charlene Molokwane, doodgeskiet het. “Hy is ook aangekla van diefstal, die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie,” sê Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder.

Buffel het op 7 Junie op Ritchie, sowat 40 km suid van Kimberley, sy broer se vuurwapen uit ’n kluis gesteel. “Later terwyl hy saam met vriende gekuier en gedrink het, het sy  hom meegedeel dat sy die een was wat hom met MIV besmet het. Sy het hom om verskoning gevra.”

‘Sy het gevra hoekom hy aan haar maag vat’

Senokoatsane sê Buffel beweer hy het probeer om aan Charlene se maag te vat omdat hy onder die indruk was dat sy swanger is. Sy het hom geklap en gevra hoekom hy aan haar maag vat omdat sy die kind reeds “doodgemaak het”.

“Die beskuldigde het aangedui dat hy geskok en verneder was en besluit het om homself en die oorledene te skiet. Hy het die gesteelde vuurwapen op die oorledene gerig, die sneller getrek en haar in haar agterkop geskiet. Hy het probeer om selfmoord te pleeg deur homself in die bors te skiet,” sê Senokoatsane.

Hy het sedert die moord twee keer probeer om sy eie lewe te neem. Hy is ook deur die hof onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.