On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Rooimiere pak strukture van grondbesetters in Bloemfontein – VIDEO, FOTO’S

───   CORNÉ GREYVENSTEIN 06:22 Fri, 08 Mar 2024

Rooimiere pak strukture van grondbesetters in Bloemfontein – VIDEO, FOTO’S | News Article
Die Rooimiere gaan Vrydag onwettige strukture van grondbesetters in Bloemfontein verwyder. Foto verskaf

Bloemfonteiners word dringend versoek om die gebied te vermy.

Die Rooimiere is vanaf 04:00 Vrydag (8/3) teenwoordig in Lourierpark, Bloemfontein, waar hulle in opdrag van die Hooggeregshof onwettige strukture van grondbesetters verwyder. 

Daar is ook ’n groot teenwoordigheid van die polisie, mediese nooddienste, verkeersafdeling, sekuriteitsmaatskappye en buurtwagte in Pellissier en Lourierpark. Mense word dringend versoek om die gebied te vermy. 

Alle grondbesetters sal egter nie verwyder word nie. Volgens die hofbevel sal die eerste groep respondente (individue wat wil okkupeer) en die tweede groep respondente (individue wat onvolledige en onbewoonde strukture het) onderskeidelik in hegtenis geneem word of hul strukture verwyder word.

Die derde groep respondente, wat reeds hul strukture voltooi het en dit bewoon, sal nie verwyder word as daar nie vir hulle alternatiewe behuising gebied kan word nie. Die hofbevel bied wel tussentydse verligting deur verdere bouwerk en samekoms te verbied.


Mangaung-metro is vandeesweek gekritiseer omdat talle Bloemfonteiners meen daar is gesloer deur nie dadelik teen die grondbesetters op te tree nie en toe te laat dat meer besetters hulle in die gebied vestig. Die metro is Woensdag (6/3) weer na die Hooggeregshof om te bevestig wat die verskillende partye se verantwoordelikhede is.

Volgens regter Chesiwe magtig dié gewysigde bevel ’n spesiale eenheid, soos die Rooimiere, ’n privaat onderneming, en amptenare van die metro om die balju by te in die verwydering en afbreking van strukture wat reeds opgerig is.

Die Rooimiere en SAPD is al van 04:00 af teenwoordig in Lourierpark, Bloemfontein. Foto verskaf

Die bevel is ook volgens Netwerk24 uitgebrei na die aangrensende eiendomme van die metro om te verhoed dat van die plakkers “net oor die draad spring” en verder strukture langs onderverdeling 5 van die plaas Brandkop 702 oprig. Nog ’n wysiging is dat derde partye verbied word om handel met die eiendomme te dryf en/of dit te verhuur.

Die hofbevel magtig die polisie om op te tree indien die interdik oortree word. Voorts moet die polisie die balju bystaan en seker maak dat die bevel uitgevoer word.

Volg https://www.ofm.co.za/news vir die nuutste gebeure.

OFM Nuus/Corné Greyvenstein mc

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.