On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Voormalige Vrystaatse premier, man aangeval op plaas by Heilbron

───   ZENANDE MPAME 13:29 Mon, 04 Mar 2024

Voormalige Vrystaatse premier, man aangeval op plaas by Heilbron | News Article
Voormalige Vrystaatse premier Sisi Ntombela. Foto verskaf

“Die verdagtes het daarin geslaag om die egpaar te oorrompel en hulle in die slaapkamer te oorval.”

Die Vrystaatse polisie soek na ’n groep van vier mans nadat ’n oudpremier en haar man Maandag (4/3) in die vroeë oggendure op hul plaas, Holfontein, in die Heilbron-distrik aangeval is.

Sisi Ntombela (66) en haar man, Madala (68), het tussen 02:00 en 03:00 wakker geskrik toe ’n groep onbekende mans hul slaapkamerdeur probeer oopmaak het. Die verdagtes het daarin geslaag om die egpaar te oorrompel en hulle in die slaapkamer te oorval.

‘Ondersoeke duur vir eers voort op ’n aanklag van huisroof’

“Verskeie eenhede (was laat Maandagoggend) steeds op die toneel en volg alle moontlike leidrade op,” sê Motantsi Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder. “Odersoeke duur vir eers voort op ’n aanklag van huisroof.”

Die verdagtes het die huis vir geld deursoek en die egpaar se selfone, bankkaarte en ander items gesteel. Sisi Ntombela het ná die aanval na die werkers se blyplek gegaan om hulp te kry om die polisie te ontbied.

Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte Mosiuoa Mokhethi by 082 525 2303 bel, of die Stop Misdaad-nommer by 08600-10111. Anonieme wenke kan ook op die MySAPS-toepassing gegee word.

OFM Nuus/Zenande Mpame cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.