On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

OPGEDATEER: Drie Vrystaters aangekeer weens korrupsie met rybewyse

───   08:16 Tue, 30 Jan 2024

OPGEDATEER: Drie Vrystaters aangekeer weens korrupsie met rybewyse | News Article
Lede van die Valke en RTMC begelei drie verdagtes uit die Lengau-toetssentrum nadat hulle Maandag aangekeer is. Foto verskaf

“Lede van die publiek wat lisensies op ’n korrupte wyse bekom het, is ’n gevaar vir die samelewing. Hulle sal in hegtenis geneem word.”

Talle mense, onder wie ’n lid van die publiek aan wie ’n rybewys uitgereik is sonder ’n toets, sal na verwagting Dinsdag (30/1) in die Bloemfonteinse landdroshof voorkom weens korrupsie, bedrog en geldwassery.

Veertien mense is Maandag (29/1) in die Vrystaat, Gauteng en Mpumalanga in hegtenis geneem, sê Zweli Mohobeleli, Vrystaatse polisiewoorvoerder.

“Intelligensie-gedrewe inligting is in 2022 ontvang oor die verkeersafdelings en privaat eksaminatore in Bloemfontein, Brandfort, Botshabelo, Ladybrand, Phalaborwa en Nelspruit; verkeersbeamptes, bestuurskoolinstrukteurs en mense wat betrokke was by die uitreiking van leerlinglisensies en rybewyse sonder om behoorlike prosedures te volg,” sê Mohobeleli.

“Operasie Catfish” is daarna begin. Verskeie transaksies is oor ’n tydperk beklink waarna bewyse daarvan voor die hof gedien het.

“Die Direkteur van Openbare Vervolging het Vrydag (26/1) lasbriewe vir 20 individue se inhegtenisneming gemagtig. Lede van die Valke, taktiesereaksie-eenheid en die Padverkeersbestuurskorporasie het vroeg Maandagoggend (29/1) nege mans en vyf vroue van tussen 30 en 57 jaar oud op verskeie plekke heen in hegtenis geneem.”.

Genl.maj. Mokgadi Bokaba, Vrystaatse hoof van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke (oftewel die Valke), belowe nog mense sal aan die man gebring word. “Lede van die publiek wat lisensies op korrupte wyse bekom het, is ’n gevaar vir die samelewing. Hulle sal in hegtenis geneem word.”

Die Valke werk hard op soek na nog verdagtes wat in hegtenis geneem sal word. 

OPDATERING:
Die volgende beskuldigdes het in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn op aantygings van korrupsie, bedrog en geldwassery:

1. Tebogo Joseph Sekhosana (45)
2. Moeketsi Patrick Hlopho (43)
3. Xoliswa Patricia Leeuw (38)
4. Phomolo Molefe (30)
5. Makubeni Phillip Raisa (50)
6. Keiketsang Joyce Diseko (56)
7. Popi Mtsweni (37)
8. Phaladi Comfort Pitjadi (34)
9. Cynthia Mamokhantsi Nthako (52)
10. Thabo Patrick Makunyane (45)
11. Bertie Oertel Ntho (49)
12. Alleta Nqai (52)
13. Ditaba Johan Ngubenyathi (41)
14. Tuelo Goodwin Setlhare (56)

Die 15de verdagte, Samuel Mokhobo (54), het homself vanoggend (30 Januarie) aan die Valke oorgegee en saam met sy medebeskuldigdes verskyn.

Hulle is borgtog toegestaan wat wissel tussen R2 000 en R5 000. Die saak is tot 12 April 2024 uitgestel vir verdere ondersoek en die sentralisering van die saak.

OFM Nuus cg/mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.