On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Nikki
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Geliefde ‘Boer soek ’n vrou’-deelnemer van Noordwes skielik oorlede

───   16:51 Tue, 23 Jan 2024

Geliefde ‘Boer soek ’n vrou’-deelnemer van Noordwes skielik oorlede | News Article
Ignus Ferreira. Foto: Facebook

“Hy het klaargemaak op aarde; God het hom nodig gehad.”

Die gewildste deelnemer aan die 2015-seisoen van Boer soek ’n vrou is onverwags oorlede.

Ignus Ferreira (36), ’n boer van Delareyville in Noordwes wat in 2015 aan die maatsoekreeks deelgeneem het, het Sondag (21/1) gesterf, volgens sy swaer, Roean Bezuidenhout, blykbaar aan ’n hartaanval.

Sy suster, Marien, Roean se vrou, het aan Maroela Media gesê sy dood is ’n groot skok vir die familie en daar lê ’n hartseer tyd vir hulle voor. “My boetie is in die hemel, hy het Sondagoggend omstreeks 08:45 sy vlerke gekry.

Ignus Ferreira.

“Dit is ’n bietjie moeilik op die oomblik, maar ons is dankbaar vir al die goeie tye wat daar was en al die mooi herinneringe. Hy was ’n gewilde man, wat diep spore getrap het in baie mense se hart en ’n verskil gemaak het waar hy gegaan het.

“Hy het klaargemaak op aarde; God het hom nodig gehad.”

Begrafnisreëlings is nog nie bekend gemaak nie.

Ignus het in 2015 aan die agtste seisoen van Boer soek ’n vrou deelgeneem. Hy het tydens dié seisoen die meeste briewe van maatsoekers ontvang. Die vervaardigers van die program het op Facebook hul meegevoel betuig. “Ons innige medelye gaan uit na Ignus Ferreira se geliefdes in hierdie moeilike tyd.”

‘What a tragedy, so young, so fit, so good looking’

Aanhangers het op sosiale media ook hul medelye betoon. “How dreadfully sad is this loss? What a tragedy, so young, so fit, so good looking, so full of joy and smiles, a shock indeed! To the Ferreira family, albeit that I am a total stranger, I send my sincere and heartfelt condolences from Langebaan, Weskus,” skryf Verity-Barbara Taylor.

Welmarie Fouché sê: “Ek dink nie daar’s ’n mens wat jy ontmoet het, wie se hart jy nie aangeraak het nie.”

OFM Nuus/Christine van der Westhuizen mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.