Central SA
Matriekuitslae: Vrystaat behou topplek met beste prestasie tot dusver─── 09:27 Fri, 19 Jan 2024
“Hierdie mylpaal word opgedra aan die sukses en nagedagtenis van Tate Makgoe.”
Die Vrystaat is weereens aangewys as die topprovinsie met ’n algehele slaagsyfer van 89,03%, terwyl Limpopo die meeste verbetering getoon het met ’n styging van 7,4 persentasiepunte. Die land se sogenaamde Covid-19-babas het ’n algehele slaagsyfer van 82,9% aangeteken – die hoogste persentasie sedert die begin van Suid-Afrika se demokrasie.
Provincial level performance #MatricResults2023
— South African Government (@GovernmentZA) January 18, 2024
????: ????.??%
??????: ????.??%
????: ????.??%
????: ????.??%
????: ????.??%
????: ????.??%
????:????.??%
????: ????.??%
????: ????.??%
KwaZulu-Natal is tweede met 86,4% en Gauteng derde met 85,4%.
Angie Motshekga, minister van Basiese Onderwys, het die land se basieseonderwysstelsel geprys en gesê dit het sedert 1994 algaande verbeter. Sy sê die klas van 2023 moes deur die Covid-19-pandemie volhard.
“Die gehalte van die prestasies van die klas van 2023 kan toegeskryf word aan die volgehoue pogings van ons skoolhoofde, onderwysers en ouers, wat verenig het in die gemeenskaplike begrip dat ons, as Suid-Afrikaners, die mag het om die lewens van miljoene kinders te transformeer en toe te rus met die gereedskap wat hulle nodig het om suksesvol te wees en die wêreld ten goede te beïnvloed,” het sy gesê.
Motshekga het gesê die getal 2023-matrieks wat met onderskeiding en universiteitstoelating geslaag het, staan uit as die hoogste in die geskiedenis van die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen.
Free State is Number 1: Congratulations Matric Class of 2023#gofreestate #MatricResults2023 #MatricClassof2023 #fsclassof2023 pic.twitter.com/z0lpIjBPIk
— FS Government (@fsgov) January 18, 2024
Die Vrystaat se provinsiale regering, onder leiding van premier Mxolisi Dukwana, het die matriekklas van 2023 hartlik gelukgewens met hul uitsonderlike prestasie. Die provinsiale regering is trots op die Vrystaat wat sy plek behou het as die beste provinsie in die land met ’n rekordmatriekslaagsyfer van 89,03%, ’n verhoging van 0,5 persentasiepunte vergeleke met 2022.
Dukwana het elke student geloof vir hul uitnemende prestasies en deursettingsvermoë regdeur hul akademiese reis. “Hierdie merkwaardige prestasie vertoon nie net die individuele briljantheid van leerders nie, maar weerspieël ook die kollektiewe verbintenis tot uitnemendheid wat in die Vrystaat se onderwysstelsel ingeburger is.
Kamohelo Katleho Neo Mosikili van die Selelekela Sekondêre Skool in Phuthaditjhaba is as die naasbeste presteerder van ’n kwintiel 3-skool in die land aangewys. LUR Makalo Mohale wens hom geluk. Die toppresteerders volgens kwintiel en uitgesoekte vakke is gister in Randburg deur Motshekga vereer. Foto: Facebook
“Ons betuig ons opregte dank aan die onderwysers, skoolbeheerliggame en ouers vir hul onwrikbare ondersteuning en leiding. Julle toewyding het ’n deurslaggewende rol in die koestering van hierdie jong geeste en voorbereiding vir sukses gespeel. Hierdie prestasie is ’n bewys van die samewerkende pogings van die hele onderwysomgewing in die Vrystaat.”
Hy het gesê hy is verheug om te verneem dat al vyf distrikte ’n slaagsyfer van bo 80% behaal het.
Gone but not forgotten, the man who laid foundation for Free State education, Tate Makgoe. We are forever thankful for his life, may his soul continue resting in peace. #MatricResults2023 pic.twitter.com/VA1rRJS587
— Kemiso Motholo (@KemisoMo) January 18, 2024
“Ter ere van die wyle LUR vir Onderwys, Tate Makgoe, wie se nalatenskap ingeprent is op die vordering wat gemaak is in onderwys in die provinsie, erken die provinsie dat die prestasie ’n huldeblyk is aan sy visie en onvermoeide pogings om onderwys te bevorder. Sy passie vir uitnemendheid inspireer steeds die hele provinsie. Hierdie mylpaal word opgedra aan die sukses en nagedagtenis van Tate Makgoe.
“Ons loof ook die huidige LUR vir Onderwys, Makalo Mohale, vir sy uitmuntende leierskap en toewyding tot die handhawing van hoë standaarde in onderwys. Onder sy leiding het die Vrystaatse onderwysstelsel nuwe hoogtes bereik, en die voortreflike matriekuitslae is ’n weerspieëling van sy toewyding aan die leerders en die provinsie,” het Dukwana gesê.
“Terwyl die provinsie hierdie prestasie vier, sien ons uit na ’n toekoms waar die matriekklas van 2023 steeds uitblink op hul gekose paaie, wat sal bydra tot die welvaart van die Vrystaatse provinsie en die nasie in die algemeen.”
#MatricResults2023 “It took a lot of hard work and dedication,” says
— Jacaranda News (@JacaNews) January 18, 2024
Melissa Muller from Rhenish Girls High School.
She is one of the 35 Top Achievers from the Matric class of 2023. pic.twitter.com/yyZjWMQssC
2023 se nasionale topmatriekleerling is die sportiewe Melissa Müller van die Rynse Hoër Meisieskool (Rhenish) op Stellenbosch in die Wes-Kaap. Sy wil vanjaar megatroniese ingenieurswese aan Maties studeer.
OFM Nuus cg/mc