On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Central SA

Meer as 80 ongelisensieerde taxi’s in Bloemfontein geskut

───   12:05 Mon, 01 Jan 2024

Meer as 80 ongelisensieerde taxi’s in Bloemfontein geskut  | News Article
MaQueen Letsoha-Mathae, LUR vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer. Foto: SAUK (skermgreep)

Beamptes het ook minibustaxi’s wat in die verkeerde baan gery het en verskeie onpadwaardige voertuie geskut.

Meer as 130 bestuurders is die afgelope naweek in Bloemfontein deur verkeersbeamptes vasgetrek nadat hulle sonder ’n rybewys agter die stuurwiel betrap is.

Verkeersbeamptes het ook minibustaxi’s wat in die verkeerde baan gery het en verskeie onpadwaardige voertuie geskut. Meer as 80 ongelisensieerde taxi’s is ook geskut.

MaQueen Letsoha-Mathae, lid van die uitvoerende komitee vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, het aan die SAUK gesê daar is “talle uitdagings in die middestad van Bloemfontein”.

“Taxi-eienaars wat bestuurders van Lesotho met onwettige dokumente in diens neem, vererger sake. ’n Ander probleem is buitelanders wat sonder rybewyse bestuur en geen vorm van identifikasie by hulle dra nie.

‘Bestuurders gebruik handgeskrewe dokumente met ’n stempel en ’n foto’

“Ek was ook verstom deur die openbare bestuurderpermitte wat sekere taxibestuurders gebruik. Dit is handgeskrewe dokumente met ’n stempel en ’n foto wat vasgekram is. Om ’n permit in Suid-Afrika te bekom, moet ’n oogtoets afgelê word.”

Motoriste het die verkeerspolisie se teenwoordigheid in die middestad verwelkom en sê hulle hoop dit duur voort selfs nadat die feestyd verby is.

OFM Nuus  dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.