Central SA
Kunswerke help vier Vrouemonument se 110de verjaardag─── KAREN VAN DER BERG 15:45 Fri, 15 Dec 2023
“Die Vrouemonument bly een van die mooiste monumente in die land, dalk selfs ter wêreld.”
’n Besonderse gedenkteken moet op ’n besonderse wyse gevier word. Daarom is drie indrukwekkende nuwe kunswerke by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke bekendgestel ter viering van die 110de verjaardag van die Nasionale Vrouemonument op dieselfde terrein.
Die Vrouemonument bly een van die mooistes in die land, dalk selfs ter wêreld, sê dr. Johan van Zÿl, bestuurder van die museum. “Ons het gevoel om 110 jaar oud te word, is spesiaal en dit moet gevier word.”
Die eerste kunswerk is die skildery van Frances Wedepohl.
Dit is op 16 Desember 1913 onthul tydens ’n geleentheid wat bygewoon is deur 20 000 belangstellendes uit alle uithoeke van die Unie van Suid-Afrika. Dit gedenk die ontbering wat vroue en kinders tydens die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1901) gely het.
Frans Soff het die monument ontwerp en Anton van Wouw die beeldhouwerk. Emily Hobhouse het die sentrale beeldegroep geskets wat haar persoonlike belewenis op 15 Mei 1901 uitbeeld van ’n toneel van gebroke vroue en ’n sterwende kind in die Springfonteinse konsentrasiekamp in die Suid-Vrystaat.
Die Vrouemonument is op Dingaansdag 1916 onthul.
Van Zÿl sê drie spesiale kunswerke is spesiaal vir die 110-jarige viering geskep, almal deur ’n nuwe geslag kunstenaars. Die eerste is ’n skildery van 1,8 x 1,8 m wat op versoek van die museum deur die kunstenaar Frances Wedepohl geskep is. “Haar werk herinner sterk aan die … skilder Hendrik Pierneef.”
Saam met haar skildery verskyn twee aanhalings van Emily Hobhouse en pres. M.T. Steyn, wat aan die voet van die sentrale naald begrawe is.
Die tweede kunswerk is die beeldjie van Joe Pelser.
Die tweede kunswerk is ’n miniatuur in brons deur die beeldhouer Joe Pelser gegiet en aan die museum geskenk. “Die kunswerk is uniek in dié sin dat tegnologie gebruik is om die beeldegroep oor ’n tydperk van twee dae af te neem waarna ’n gietvorm aan die hand van hierdie foto’s geskep is en die beeldjie hierna gegiet is.”
Die derde kunswerk is ’n lourierkrans van brons wat op die graf van pres. Steyn aangebring, sê Van Zÿl. Hierdie krans is in 1954, gedurende prins Bernhard van die Nederland se twee weke lange besoek aan Suid-Afrika, aan die monument geskenk.
Joe Pelser het die krans ook gemaak.
“In 2000 is hierdie item, asook letterwerk en bronsplate, op die grafte van Steyn, (ds. John) Kestell en (genl. Christiaan) De Wet vanaf die Vrouemonument gesteel.” Hulle was die sogenaamde driemanskap van die Vrystaat: die staatsman, die Godsman en die krygsman.
Hoewel die drie bronsplate teruggevind is, is die krans nooit gevind nie. Vanjaar het Pelser ’n soortgelyke krans geskep en aan die museum geskenk. Hierdie krans is intussen op Steyn se graf aangebring en vorm deel van die monument se 120-jarige viering.”
Benewens die spesiale kunswerke, is daar baie ander dinge om te kom ervaar by die museum. “Ons nooi inwoners en besoekers hier te kom kuier,” sê Van Zÿl.