On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Ontvoerde Bloemfonteinse tiener dood gevind

───   KEKELETSO MOSEBETSI 14:21 Mon, 04 Dec 2023

Ontvoerde Bloemfonteinse tiener dood gevind | News Article
Die liggaam van die 16-jarige Machaka Radebe is in die veld in Fase 9, Bloemfontein, gevind. Foto verskaf

“Die polisie het Radebe se liggaam met ’n steekwond in haar rug ontdek.”

Die liggaam van ’n tiener wat die naweek ontvoer is, is in Fase 9, Bloemfontein, gevind.

Machaka Radebe (16) is Saterdag omstreeks 12:00 laas lewend deur haar broer gesien. Motantsi Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê die Bloemspruit-polisie het inligting ontvang van ’n liggaam wat in die veld naby Fase 9 gevind is. Met hul aankoms het die polisie Radebe se liggaam met ’n steekwond in haar rug ontdek. Sy is op die toneel dood verklaar.

Niemand is in hierdie stadium in hegtenis geneem nie en die polisie doen ’n beroep op enigiemand wat moontlik inligting oor die voorval het, om kolonel Bolsiek by 082 466 8530 te bel of dit by hul polisiekantoor aan te meld. 

OFM Nuus het vroeër berig Machaka se broer het probeer om haar op haar selfoon te bel. Haar foon is egter geantwoord deur ’n onbekende man wat geld geëis het. Hy het gesê as ’n losprys nie betaal word nie, sal sy suster sterf. Die broer het hul ma vertel en hulle is na die Kagisanong-polisiekantoor om ’n saak van ontvoering aan te meld.

Die polisie het tieners versoek om op te hou om persoonlike inligting aanlyn met onbekende mense te deel. Hulle het tieners ook aangeraai om nie in te stem om iemand wat hulle deur sosiale media gekontak het, alleen te ontmoet nie.

Twee jong vroue in Bloemfontein is onlangs as vermis aangemeld. Lerato Masiu (23) is laas gesien toe sy haar huis op Donderdag (16/11) saam met ’n man verlaat het wat hom as ’n ondersoekbeampte voorgedoen het, het Thabo Covane, polisiewoordvoerder, gesê.


Lesego Mamello Motaung (22) is op 30 Oktober as vermis aangemeld nadat sy laas gesien is toe sy haar huis in Uitsig verlaat het om by kitskosrestaurant in Zastronstraat, Westdene, te gaan werk.

Baile Motswenyane, Vrystaatse provinsiale kommissaris, het sedertdien die ondersoekspan opdrag gegee om baie hard te werk om te verseker dat hulle hierdie genadelose misdadigers vastrek en om  Motaung en Masiu, wat albei steeds vermis word, terug te bring.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi Corné/Daphné

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.