On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Polisie ondersoek Bloemfontein-onderwyseres se moord

───   KEKELETSO MOSEBETSI 11:34 Thu, 30 Nov 2023

Polisie ondersoek Bloemfontein-onderwyseres se moord | News Article

Die polisie gee aandag aan ’n misdaadgeval van ’n lewelose liggaam wat met ’n skietwond in die kop gevind is.

Die Vrystaatse polisie ondersoek ’n moordsaak van ’n onderwyseres wie se lyk by die Suidpark-begraafplaas in Bloemfontein gevind is.

’n Moordsaak is Sondag (26/11) by die Kagisanong-polisiestasie geopen, het polisiewoordvoerder Thabo Covane gesê nadat beamptes aandag gegee het aan 'n klag van ’n lewelose liggaam wat met ’n skietwond op die kop gevind is.

Die oorledene is later geïdentifiseer as Khethiwe Nkambule (48), ’n onderwyseres by die Bainsvlei Gekombineerde Skool.


Die Vrystaatse departement van onderwys het sy hartseer uitgespreek oor die verlies van ’n kollega. Psigososiale ondersteuning sal aan leerders en onderwysers van die skool gebied word, het Howard Ndaba, woordvoerder, gesê.

“Die departement weier om hierdie barbaarse daad te aanvaar wat ’n onderwyser weggeneem het wat nog baie gehad het om te bied aan ons leerders – die toekoms van hierdie land,” het hy bygevoeg.

“Hierdie aangrypende voorval het vier dae ná die bekendstelling van die 16 dae van aktivisme van geen geweld teen vroue en kinders plaasgevind … een dood is één te veel.”

Die departement het sy innige meegevoel aan haar familie, kollegas en vriende gestuur.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi Corné

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.