On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Jong Bloemfonteinse vroue nêrens te vinde; ontvoering vermoed

───   TSHEHLA KOTELI 08:30 Thu, 23 Nov 2023

Jong Bloemfonteinse vroue nêrens te vinde; ontvoering vermoed | News Article
Die twee Bloemfonteinse meisies wat moontlik ontvoer is, is die 23-jarige Lerato Masiu (links) en die 22-jarige Lesego Mamello Motaung (regs). Foto's verskaf

“Bekruipers of ‘stalkers’ bestudeer persoonlike inligting van slagoffers soos waar hulle hulself bevind (location), gereelde bewegings en woonadresse op sosiale media netwerke.”

Die Vrystaatse polisie ondersoek steeds twee ontvoeringsake nadat twee jong vroue van Bloemfontein, ’n 22- en ’n 23-jarige, wat in verskillende voorvalle vermis geraak het. 

Thabo Covane, polisiewoordvoerder, het gesê die 23-jarige Lerato Masiu is laas gesien toe sy haar huis verlaat het saam met ’n man wat homself as ’n ondersoekbeampte voorgedoen het. Masiu is Donderdag (16/11) omstreeks 12:30 laas deur haar ma gesien toe sy saam met dié onbekende man weg is.

Lerato Masiu. Foto: Facebook

Die 22-jarige Lesego Mamello Motaung, wat op 30 Oktober as vermis aangemeld is, is nog nie gevind nie. Motaung is laas gesien toe sy haar huis by Uitsig verlaat het om by ’n kitskosonderneming in Zastronstraat, Westdene, te gaan werk. ’n Kollega van haar het egter beweer sy het op dié betrokke dag siekverlof gevra weens moontlike maagsere.

Lesego Mamello Motaung. Foto: Facebook

Sake van ontvoering word deur die Kagisanong-polisiestasie, vir Masiu se saak, en Parkweg-polisiestasie, vir Motaung se saak, ondersoek. 

“Die polisie wil gemeenskapslede wat aktief is op sosiale media waarsku om kontak met vreemdelinge te vermy. Bekruipers of ‘stalkers’ bestudeer persoonlike inligting van slagoffers soos waar hulle hulself bevind (location), gereelde bewegings en woonadresse op sosiale media netwerke.”

Die polisie versoek die gemeenskapslede wat moontlik kan help om Motaung of Masiu op te spoor, om uit te reik na kolonel Msokoli Bolsiek by 082-466-8530 en konstabel Tumo Godfrey Choane by 082-465-5945. 

“Alternatiewelik kan die inligting op MySAPS App ingedien word. Skakel die SAPD Crime Stop-nommer 08600-10111.”

OFM Nuus/Tshehla Koteli Corné/

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.