Central SA
Polisie vra hulp ná vrou (22) se verdwyning in Bloemfontein─── TSHEHLA KOTELI 11:37 Tue, 07 Nov 2023
“Sy was op pad na haar werk by ’n restaurant in Westdene, Bloemfontein.”
Lesego Mamello Motaung (22) is meer as ’n week laas deur haar familie in Bloemfontein gesien.
Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê ’n saak van ontvoering is by die Parkweg-polisiekantoor aanhangig gemaak. Motaung is laas deur haar tante gesien toe sy haar huis in Uitsig verlaat het. Daar word verneem dat sy op pad na haar werk by ’n restaurantgroep in Westdene, Bloemfontein, was.
Lesego Mamello Motaung (22) word al meer as ’n week vermis. Foto verskaf
Motaung se kollega het sedertdien beweer sy het die Maandag (30/10) van haar verdwyning laat weet dat sy siek is. “Enigeen wat die polisie kan help om haar op te spoor, word versoek om kaptein Yaliwe Mokoena by 082 5262 653 te bel.”
Wenke kan ook anoniem gestuur word na die MySAPS-toepassing, of bel die Stop Misdaadnommer 08600 10111.
In Augustus is ’n 18-jarige meisie van die Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein vir byna vier weke vermis. Sade Capricorn het na haar ouma se huis teruggekeer nadat sy glo persoonlike probleme in Johannesburg moes gaan uitsorteer.
OFM Nuus/Tshehla Koteli Daphné/Corné