On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Borskanker-bewustheidsmaand: Professor gee haar mening

───   HEIDRÈ MALGAS 08:30 Thu, 05 Oct 2023

Borskanker-bewustheidsmaand: Professor gee haar mening | News Article
Prof. Alicia Sherriff, hoof van die Universiteit van die Vrystaat se Departement van Onkologie. Foto verskaf

“Wanneer iemand gediagnoseer word met kanker is daar ‘n gevoel van hoe ’n mens moet ondersteun, maar dit is belangrik om net daar te wees vir die persoon.”

Die Suid-Afrikaanse Regering sê die aanduiding van Oktober as "Borskanker-bewustheidsmaand" in Suid-Afrika weerspieël ’n nasionale poging deur openbare en private gesondheidstrukture om bewustheid van hierdie siekte onder alle rasse en klasstrukture te bevorder.

Prof. Alicia Sherriff, hoof van die Universiteit van die Vrystaat se Departement van Onkologie, het gesê dat borskanker met ’n knoppie in die bors kan begin en dit is gewoonlik nie ’n pynlike knoppie nie. Teen die tyd wat jy dit werklik voel, het dit waarskynlik oor ’n geruime tyd ontwikkel.

Sy sê vroue het ’n hoër risiko as mans om borskanker te kry, maar mans kan ook ’n genetiese komponent hê wat dit kan veroorsaak. Soos wat ’n mens ouer word, verhoog die risiko vir borskanker.

“As jou borste geneig is om ’n sist te ontwikkel, plaas dit jou in ’n hoër risikogroep. As daar ’n familiegeskiedenis van borskanker is, is daar ook ’n risiko. As daar genetiese faktore in die familie teenwoordig is, moet jy vroeg vir toetse gaan,” sê Sheriff.

Sy sê dit is belangrik om jou familiegeskiedenis te ken en selfondersoek te doen. Vanaf die ouderdom van 40 word dit aanbeveel dat mense jaarliks vir mammogramme gaan.

“Jonger vroue kan ook borskanker kry en vroue kan selfs tydens swangerskap borskanker ontwikkel. Dit is belangrik om goed na jouself om te sien, en oormatige alkoholgebruik en rook verhoog die risiko vir kanker in die algemeen.”


Sy sê ’n vraag wat baie gevra word, is in watter stadium die kanker is. Daar is stadiums 1 tot 4. Stadium 1 is gewoonlik wanneer die kanker beperk is tot die orgaan waarin dit oorspronklik begin het, soos borskanker in die borsweefsel self.

Stadium 2 is gewoonlik wanneer die kanker groter is as die aanvanklike stadium en dalk verspreiding toon.

Stadium 3 is 'n gevorderde plaaslike siekte met verspreiding na die kliere onder die arm.

Stadium 4 is 'n gevorderde kanker met verspreiding na ander organe.


Sy vertel oefening kan baie help tydens die stryd teen kanker, enigiets wat jou positief besig hou dra by tot jou gesonheid.

“Wanneer iemand gediagnoseer word met kanker is daar ‘n gevoel van hoe ’n mens moet ondersteun, maar dit is belangrik om net daar te wees vir die persoon. Dis belangrik vir die persoon om te te weet ten spyte van hoe hul liggaam verander, is hulle vir die mense wat hulle ken, meer as die kanker,” vertel sy.

Sy sê die mens wat die kanker het, is nog ‘n mens met drome, verwagtinge en dis belangrik vir dokters om daardie persoon nogsteeds raak te sien en nie alles oor die kanker te maak nie.

OFM Nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.