On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Saak teen Noordwes-gesondheidshoof, medebeskuldigdes uitgestel

───   ZENANDE MPAME 11:56 Sat, 30 Sep 2023

Saak teen Noordwes-gesondheidshoof, medebeskuldigdes uitgestel | News Article
Die Valke het drie beskuldigdes in hegtenis geneem – Vuyo Mbulawa, Lydia Sebego en Roulgh Lotwane Mabe. Foto verskaf

“Hierdie maatskappye het egter na bewering vals fakture ingedien wat deur die departement betaal is, ondanks die feit dat dienste nooit gelewer is nie.”

Die saak teen die voormalige hoof van Noordwes se Gesondheidsdepartement, die hoofdirekteur van dieselfde departement, asook ’n diensverskaffer, wat Donderdag (28/9) in Mahikeng deur lede van die Valke in hegtenis geneem is, is uitgestel. Die Molopo-landdroshof het dié saak tot 31 Januarie 2024 uitgestel vir die inhegtenisneming van ander verdagtes wat met die saak verbind word.

“Lydia Sebego (63), die departementshoof, is borgtog van R10 000 toegestaan; Vuyo Mbulawa (54), die hoofdirekteur, het borgtog van R20 000 ontvang; en Roulgh Lotwane Mabe (69), die diensverskaffer, is borgtog van R100 000 toegestaan.”

“Sebego staan tereg op twee aanklagte van die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA); Mbulawa staan tereg op tien aanklagte van bedrog; en Mabe staar ses aanklagte van bedrog in die gesig,” het Henry Mamothame, Noordwes-NVG-woordvoerder, gesê.

Die provinsie het tussen 2008 en 2009 gepoog om twee hospitale in Ledig (Moses Kotane-hospitaal) en Vryburg (Joe Morolong-hospitaal) te bou.

Die onderneming MR Property, wat deur Mabe besit word, en nog ’n maatskappy, wat deur 'n ander verdagte besit word wat nog nie in hegtenis geneem is nie, het ’n tender ontvang.

“Hierdie maatskappye het egter na bewering vals fakture ingedien wat deur die departement betaal is, nadat dit deur Mbulawa goedgekeur is – al is dienste nooit gelewer nie,” sê Mamothame.

Sebego het die diensooreenkomste onderteken, al was hy na bewering daarvan bewus was dat die twee maatskappye nie aan die vereistes voldoen het nie, volgens verdere bewyse wat deur die staat verskaf is.

Die gesondheidsdepartement het na bewering ’n verlies van meer as R86 miljoen hierdeur gely.

OFM Nuus/Zenande Mpame

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.