On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Honde-aanval: Saak van Potch-vrou uitgestel

───   ZENANDE MPAME 12:09 Thu, 24 Aug 2023

Honde-aanval: Saak van Potch-vrou uitgestel | News Article

Die saak van die huiswerker van Potchefstroom, wat verlede jaar deur drie Amerikaanse veghonde aangeval is, is tot 11 September uitgestel.

Dipuo Kokolosi (48) moes verskeie gesigoperasies ondergaan.

Sy is in Januarie verlede jaar deur die honde aangeval toe sy alleen by die huis besig was om skottelgoed te was. Die buurman het haar gille gehoor en gaan ondersoek instel.

Dipuo Kokolosi voordat sy deur die honde aangeval is. Foto: twitter.com

Met sy aankoms het hy die drie honde op haar gesien en ’n waarskuwingskoot afgevuur. News24 berig die honde het op hom afgestorm en hy moes hulle skiet om sy en Kokolosi se lewe te red.

“Ons is baie hartseer en woedend oor die verlies van enige mens se lewe weens onopgevoede of nalatige eienaars – dit behoort nie te gebeur nie,” sê Lehanda Rheeder, woordvoerder van die  Pitbull-federasie van Suid-Afrika (PBFSA).

Dipuo Kokolosi ná verskeie operasies. Foto: twitter.com

“Die rede is dat hierdie honde gewild geword het en in die hande van die verkeerde mense is. Dit raak gevaarlik as mense nie behoorlike inligting oor die honderas het nie.”

Sy sê as ’n hond aggressief raak of mense byt, moet dit eerder deur ’n veearts van kant gemaak word.

Daar is in Januarie 2022 met ’n skarefinansiering begin om Kokolosi met haar mediese onkoste en nasorg te help.

OFM Nuus/Zenande Mpame

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.