Central SA
Matlosana se vervalle paaie eersdaags opgeknap─── LUCKY NKUYANE 11:39 Wed, 02 Aug 2023

Die Klerksdorp-gebaseerde Matlosana Plaaslike Munisipaliteit in Noordwes gaan beskadigde paaie in die munisipaliteit opknap.
Met die meeste van die paaie or die stad heen wat in 'n swak of slegte toestand vir motoriste is, het die Nasionale Departement van Vervoer nou ingegryp om die probleem vir die munisipaliteit te probeer oplos.
Die Nasionale Departement van Vervoer het nou ingegryp om paaie te herstel. Foto: Verskaf
Op Maandag 31 Julie 2023 het die departement die “Roads War Room” in Klerksdorp amptelik bekend gestel. Dit vorm deel van Operasie Vala Zonke met die doel om die herstel van slaggate te versnel as een van die uitdagings wat die munisipaliteit ondervind.
James Tsolela, uitvoerende burgemeester, het sedertdien die program wat in Matlosana bekendgestel is, verwelkom. Hy was saam met die burgemeesterslid van die Komitee van Infrastruktuur, Steffard Barrends. Intussen het Whitey Maphakela van die nasionale departement – wat die minister van vervoer, Sindisiwe Chikunga,op die bekendstelling verteenwoordig het – gesê die “Roads War Room” sal alle padverwante sake takel.
Die “Roads War Room” sal alle padverwante sake hanteer. Foto: Verskaf
Hy sê die sake wissel van padbou en padinstandhouding oor die land heen. Dit sal by Sanral se sentrale koördineringsentrum in Johannesburg geleë wees.
“Alle owerhede wat verantwoordelik is vir padbou en instandhouding binne die drie sfere van die regering sal gereeld vergader om alle bekommernisse oor padinstandhouding landwyd aanpak.”
OFM Nuus het voorheen foto's en video's geplaas oor die haglike toestand van die paaie. Hierdie roetes sluit onder meer paaie in Orkney, Kanana, Jouberton, Alabama en Klerksdorp in.