Central SA
Gesteelde skape ter waarde van R90 000 teruggekry─── 16:19 Tue, 04 Jul 2023
Die Vrystaatse polisie in Bloemfontein het in samewerking met ’n private veiligheidsmaatskappy vyf mans in hegtenis geneem wat gesteelde skape in die Van Stadensrus-omgewing vervoer het.
Vandag (4/7) omstreeks 05:30 was lede van die blitspatrollie op die N1 naby Bloemfontein toe hulle 'n verdagte Tata-vragmotor gesien het. Hulle het probeer om die bestuurder te stop, maar hy het weggejaag. Lede van die Parkweg-polisiekantoor is ontbied en hulle het hom op die Ferreira-afrit gestop.
Twee mans is in hegtenis geneem en 30 gesteelde skape is gevind, tewyl hulle hiermee besig was het hulle ’n oproep ontvang van die Bloemfonteinse Veediefstaleenheid wat ook op die N1 ‘n verdagte silwer Toyota Hilux-bakkie agtervolg. Die bestuurder het teen die padversperrings gebots en drie mans is aangekeer. Daar was 15 skape op die bakkie.
Lede van die Parkweg-polisiekantoor is ontbied en hulle het hom op die Ferreira-afrit gestop. Foto verskaf
Die vyf mans is van 16 tot 50 jaar oud en al die skape se gesamentlike waarde is R90 000. Die vee is op ’n plaas in die Van Stadensrus-omgewing gesteel is en die eienaar het hulle aan die brandmerke uitgeken.
Die mans sal binnekort in die landdroshof verskyn op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde vee, asook veediefstal.