On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

DA wens Rossouw Botes sterkte toe met hartprosedure

───   KEKELETSO MOSEBETSI 13:03 Wed, 31 May 2023

DA wens Rossouw Botes sterkte toe met hartprosedure | News Article
DA-raadslid, Rossouw Botes FOTO: Facebook

Die DA in die Vrystaat het sy raadslid in die Mangaung Metro Rossouw Botes (65) sterkte met sy hartoperasie toegewens.

Ná die Covid-19-pandemie is daar minder harte beskikbaar vir oorplantings en Botes is ná verskeie konsultasies aangeraai om ’n operasie in Kaapstad te ondergaan waar hy ’n kunsmatige hart sal kry om sy eie hart te ondersteun. 

Die DA-koukusleier in Mangaung, Johan Pretorius, sê dat Botes weens sy ouderdom nie vir ’n hartvervanging kwalifiseer nie. ’n Nuwe pomp sal Vrydag in sy hart geïnstalleer word om te help om bloed in sy hart te pomp.

Die kardiotorakale chirurg, dr. Willie Koen, het reeds Dinsdag die voorlopige toetse in die Chris Barnard-gedenkhospitaal gedoen vir die inplanting van die linkerventrikulêre hulptoestel.

Pretorius het Botes en sy gesin sterkte toegewens en ook die publiek gevra om hom en sy gesin in hul gebede te hou.

OFM News

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.