Central SA
Stalletjies by Vrystaat Kunstefees beskikbaar─── HEIDRÈ MALGAS 08:30 Sat, 20 May 2023
Die Vrystaat Kunstefees bestaan al 22 jaar en vanjaar word dit van 11 tot 15 Julie in Bloemfontein gehou.
Die aansoeke vir verkopers en uitstallers is nou oop en volgens die kunstefees se webblad is dit ’n kans om jou talente en jou passie ten toon te stel.
Die fees se visie is gesentreer op die beginsel van ‘Een fees, baie stories,’ met sy doelwit om die ontwikkeling en aanbieding van groot kuns in die Vrystaat vir almal te ondersteun.
Die Kunstemark is ’ n belangrike inkomstebron van die fees en bied ’n reuse- ekonomiese inspuiting vir die Vrystaat.
Die mark bestaan uit ongeveer 370 stalletjies, van handgemaakte produkte, kos en bier tot ’n verskeidenheid gemeenskapsgroepe. Stalletjie -eienaars kom van oral in Suid-Afrika en toenemend ook uit ander Afrika-lande.
‘n Baie hoë standaard word deur die feesorganiseerders en die Universiteit van die Vrystaat gehandhaaf. ‘n Beduidende aantal feesgangers woon die fees slegs vir die kunsmarkte by.
Doen hier aansoek https://vrystaatkunstefees.co.za/arts-market-applications-now-open/ vir ‘n stalletjie en verkope vanaf 11- 15 Julie.