On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Piet van Wyk de Vries oorlede

───   10:27 Sat, 13 May 2023

Piet van Wyk de Vries oorlede | News Article
Piet van Wyk de Vries/FOTO: Wikipedia

Een van Suid-Afrika se bekendste liedjieskrywers, Piet van Wyk de Vries, is op 11 Mei oorlede.

Hy het Sondag 7 Mei sy 51ste verjaarsdag gevier.

Piet was die meesterbrein agter verskeie liedjies van Dozi, Mathys Roets en Ricus Nel. Hy was ook ‘n solokunstenaar wat vier oorspronklike soloalbums uitgereik het.

In ‘n nuusbrief van die Atterbury Teater word genoem dat die sanger op 7 Mei vanjaar, slegs vier dae voor sy dood, sy laaste vertoning gelewer het. 

Kanker is in 2020 by hom gediagnoseer, en hy het besluit om uit die kollig te tree ná sy vertoning, “Die Laaste Show”, verlede Sondag in dié teater.

OFM-nuus/Elsabé de Jager

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.