On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Onwettige stortingsterrein veroorsaak rotte naby woonhuise

───   HEIDRÈ MALGAS 15:15 Thu, 11 May 2023

Onwettige stortingsterrein veroorsaak rotte naby woonhuise | News Article
FOTO: Verskaf

Petrus Steyn se inwoners is omgekrap oor vullis wat op ’n onwettige stortingsterrein gegooi word en wat lei tot ’n rotplaag.

‘n Inwoner wat langs dié stortingsterrein woon, Piet Hamman, sê die vragmotor wat die vullis moet verwyder, is uitgekontrakteer. Dit is glo nog nie betaal nie en nou is dit boonop stukkend.

“Die vragmotor is veronderstel om vullis by elke huis op te laai en dan word dit na ’n vullisterrein in Lindley en Reitz vervoer. Die vullis hoop op by mense se huise en dit lok vlieë, rotte en muise."  

Hamman sê die vullis word nou met ’n trekker en sleepwa opgelaai, maar dit kan nie na ’n goedgekeurde plek ry nie, daarom word die vullis nou hier onwettig gestort.

“Die munisipaliteit trek net sy skouers op en sê daar is nie geld om vullisdromme uit te sit of om ’n vragmotor van Lindley of Reitz te stuur om die vullis te kom verwyder nie.”

Die stank is ondraaglik en die eiendomme se waarde het drasties verlaag.

Die inwoners van Petrus Steyn word genooi om ’n vergadering by te woon sodat ’n belastingsbetalersvereniging gestig kan word. Die doel is om ook ander probleme in die dorp te bespreek en meer druk op die munisipaliteit te plaas om dienste te lewer.

Die vergadering word 11 Mei om 17:30 vir 18:00 in die J A Malherbe-skoolsaal gehou.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.