On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Wiek Roets beloof WCB-titel kom na Bloemfontein

───   15:30 Tue, 25 Apr 2023

Wiek Roets beloof WCB-titel kom na Bloemfontein | News Article
Wiek Roets vertel ook dat hy die titel op 6 Mei as ‘n sleutel sien wat die deur na toekomsdrome vir ander gaan oopsluit. FOTO: Bloemfontein Courant/Gypseenia Lion

Wiek Roets beloof dat hy nie Bloemfonteiners in sy boksgeveg by die WCB-wêreldkampioenskap sal teleurstel nie.

As jong seun gee hy sy handskoene terug aan sy pa, want hy wou mense nie meer seermaak nie. Vandag staan dié sagmoedige reus aan die vooraand van die WCB- swaargewigtitel-geveg. 

Op 6 Mei klim Wiek Roets van Bloemfontein saam met sy teenstander, die onoorwonne Brandon Sweednam, in die kryt in Johannesburg. Roets stel Bloemfonteiners gerus – die titel kom Vrystaat toe. Dit is ’n uitgemaakte saak.

Die kampioen vertel dat hy as kind ‘n groot introvert was. Om sy selfvertroue ‘n hupstoot te gee, het sy ouers hom aangemoedig om te begin boks. Met die ondersteuning van sy gesin en twee ooms, albei Suid-Afrikaanse kampioene in amateurboks, het hy, soos hy dit stel, die geur van die sport begin inasem. As jong amateurbokser het hy aan die Afrika Spele deelgeneem. Sy sportloopbaan het egter kort daarna ‘n wye draai by rugby gaan gooi, en sy boksdae was vir eers verby.

‘n Motorhuis is as oefenplek ingerig, en smiddae en saans rig hy die kinders af.

Met ‘n boksryke familie aan albei ouers se kant, het Wiek in 2010 weer tot die gevegskryt toegetree, met ‘n nuwe belangstelling as hokvegter. Sy gesondheid het ongelukkig drasties verswak ná twee beroertes in sy vroeë dertigs, asook ‘n knie-rekonstruksie wat later sou volg.

Dié swaargewig bly egter ‘n vegter. Hy het kort ná sy hospitaaldae weer matig begin oefen, nie net om sy liggaamskrag te herwin nie, maar ook om sy geestestoestand te verbeter. Vir hom was dit van lewensbelang om sy energie- en konsentrasievlakke te verhoog, ook om sy denke en algemene houding sonkant toe te draai.

Roets se nuutgevonde sukses in die bokskryt het egter nie net lêplek gekry in sy gevegte en oorwinnings nie. Hy het op ‘n ander manier begin rykdom skep, deur ‘n verskil in behoeftige jong mense se lewe te maak. 

‘n Motorhuis is as oefenplek ingerig, en smiddae en saans  rig hy die kinders af. Ook besoek hy rehabilitasiesentrums waar hy dieselfde doen vir mense wat die kans gegun word om ‘n nuwe lewe te skep.

Bloemfontein staan op 6 Mei vierkant agter hierdie nederige “Batista”, so genoem, nie net  weens sy groot gestalte nie, maar ook sy groot hart.

OFM-nuus/Elsabe de Jager

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.