On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Kimberley-munisipaliteit skakel krag af van dié wat nie betaal nie

───   09:30 Sat, 11 Feb 2023

Kimberley-munisipaliteit skakel krag af van dié wat nie betaal nie | News Article
FOTO: Elsabé Richard-May/OFM-nuus.

Ondernemings en huishoudings sowel as staatsinstellings wat nie hul skuld aan die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit in Kimberley betaal nie, se elektrisiteitstoevoer sal na verwagting Maandag summier afgeskakel word.

Munisipale woordvoerder Thoko Riet sê inwoners skuld die munisipaliteit R2,7 miljard, wat dit byna onmoontlik maak om in die groeiende behoefte aan dienslewering te voorsien.

Sy voeg by dat die munisipaliteit se totale debiteureboek geweldig toegeneem het, sodanig dat krediteure, soos Eskom, nie betaal kan word nie.

Riet vra verbruikers moet met die munisipaliteit saamwerk aan die gemeenskaplike doelwit om ’n beter lewe met gehalte-dienslewering te verseker.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.