Central SA
Bloemfontein-paar in hof weens olifanttande─── 05:42 Fri, 20 Jan 2023
Twee mense het Donderdag in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn vir die besit en verkoop van olifanttande.
Jan Marthinus Blomerus (44) en Susan Carol Blomerus (43) is Woensdag in hegtenis geneem nadat hulle probeer het om die tande aan ‘n ondersoekspan van die Valke te verkoop.
News24 berig dat beamptes 'n lokval vir die twee gestel het, wat ingestem het om die "kopers" te ontmoet waarna hulle glo R60 000 vir die tande geëis het.
“Die verdagtes is onmiddellik deur lede van die Valke in hegtenis geneem, saam met lede van die Vrystaatse Departemente van Ekonomiese Kleinsake-ontwikkeling, Toerisme en Omgewingsake en die plaaslike kriminele rekordsentrum,” sê die polisie in 'n verklaring.
Die twee is elk op borgtog van R1500 vrygelaat en die saak is tot 24 Februarie uitgestel.